Openbaring Chapter 16

For English

Read Openbaring Chapter 16 Online

Read Openbaring Chapter 16 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Openbaring in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Openbaring and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Openbaring 16

Hoofstuk 16

1. En ek het ‘n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.

2. Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.

3. En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van ‘n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.

4. En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword.

5. En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;

6. want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien.

7. En ek het ‘n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.

8. En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.

9. En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.

10. En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn;

11. en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.

12. En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.

13. En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.

14. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.

15. Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.

16. En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.

17. En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!

18. En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.

19. En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.

20. En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;

21. en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.

About Openbaring Chapter 16

Read Openbaring Chapter 16 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Openbaring in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Openbaring
Chapter: 16
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Openbaring. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Openbaring Chapter 16 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Openbaring Chapter 16?

Openbaring Chapter 16 is part of the Book of Openbaring in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Openbaring Chapter 16 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Nuwe Testament

  1. Johannes Chapter 1
  2. Johannes Chapter 13
  3. Johannes Chapter 15
  4. Johannes Chapter 14
  5. Johannes Chapter 8
  6. Johannes Chapter 5
  7. Johannes Chapter 2

Explore More from Openbaring

  1. Openbaring Chapter 12
  2. Openbaring Chapter 5
  3. Openbaring Chapter 14
  4. Openbaring Chapter 3
  5. Openbaring Chapter 7
  6. Openbaring Chapter 14
  7. Openbaring Chapter 2

Related Chapters & Readings

  1. Esegiël Chapter 28
  2. Jeremia Chapter 49
  3. Psalms Chapter 121
  4. 1 Kronieke Chapter 21
  5. Hosea Chapter 13
  6. 2 Konings Chapter 2
  7. Jesaja Chapter 33
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *