Read 1 Korintiërs Chapter 1 Online
Read 1 Korintiërs Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Korintiërs and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Korintiërs 1
Hoofstuk 1
1. Paulus, ‘n geroepe apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Sósthenes,
2. aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:
3. Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
4. Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is,
5. dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis;
6. soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle,
7. sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus,
8. wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees.
9. God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.
10. Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.
11. Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder julle is.
12. Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus.
13. Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?
14. Ek dank God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Crispus en Gajus,
15. sodat niemand kan sê dat ek in my naam gedoop het nie.
16. Ek het ook nog die huisgesin van Stéfanas gedoop. Verder weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie.
17. Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie.
18. Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;
19. want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.
20. Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?
21. Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red;
22. want die Jode vra ‘n teken en die Grieke soek wysheid,
23. maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke;
24. maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.
25. Want wat dwaas is by God, is wyser as die mense; en wat swak is by God, is sterker as die mense.
26. Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie;
27. maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam;
28. en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak,
29. sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.
30. Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.
31. Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.
About 1 Korintiërs Chapter 1
Read 1 Korintiërs Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Korintiërs
Chapter: 1
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Korintiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Korintiërs Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Korintiërs Chapter 1?
1 Korintiërs Chapter 1 is part of the Book of 1 Korintiërs in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Korintiërs Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1 Korintiers
- 1 Korintiërs Chapter 13
- 1 Korintiërs Chapter 14
- 1 Korintiërs Chapter 12
- 1 Korintiërs Chapter 10
- 1 Korintiërs Chapter 8
- 1 Korintiërs Chapter 4
- 1 Korintiërs Chapter 2
Explore More from Nuwe Testament
- Handelinge Chapter 28
- 1 Petrus Chapter 2
- Johannes Chapter 11
- Judas Chapter 1
- 2 Timoteus Chapter 4
- Lukas Chapter 22
- 1 Korintiërs Chapter 10