Markus Chapter 2

For English

Read Markus Chapter 2 Online

Read Markus Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Markus in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Markus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Markus 2

Hoofstuk 2

1. En ná ‘n paar dae het Hy weer in Kapérnaüm gekom, en die mense het gehoor dat Hy in die huis was.

2. En dadelik het baie saamgekom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie; en Hy was besig om aan hulle die woord te verkondig.

3. En daar kom mense na Hom met ‘n verlamde man wat deur vier gedra word.

4. En toe hulle vanweë die skare nie naby Hom kon kom nie, maak hulle die dak oop waar Hy was, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die bed waar die verlamde op lê, laat afsak.

5. En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe!

6. En sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en in hulle harte geredeneer:

7. Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?

8. En Jesus het dadelik in sy gees geweet dat hulle by hulleself so redeneer, en Hy sê vir hulle: Wat redeneer julle oor hierdie dinge in jul harte?

9. Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en neem jou bed op en loop?

10. Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe—sê Hy vir die verlamde man:

11. Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

12. En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan voor die oë van almal uit, sodat almal verbaas was en God verheerlik en sê: So iets het ons nog nooit gesien nie!

13. En Hy het weer uitgegaan langs die see, en die hele skare het na Hom gekom, en Hy het hulle geleer.

14. En toe Hy verbygaan, sien Hy Levi, die seun van Alféüs, by die tolhuis sit en sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.

15. En terwyl Hy in sy huis aan tafel was, kom daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel; want daar was baie, en hulle het Hom gevolg.

16. En toe die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom saam met die tollenaars en sondaars sien eet, sê hulle vir sy dissipels: Wat is dit dat Hy saam met die tollenaars en sondaars eet en drink?

17. En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

18. En die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs was besig om te vas. Toe kom hulle en sê vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?

19. En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? So lank as hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie.

20. Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae.

21. En niemand werk ‘n nuwe stuk lap op ‘n ou kleed nie; anders skeur sy nuwe aangelapte stuk van die oue af, en daar kom ‘n erger skeur.

22. En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke laat bars, en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word.

23. En terwyl Hy op die sabbat deur die gesaaides loop, het sy dissipels al gaande are begin pluk.

24. Toe sê die Fariseërs vir Hom: Kyk, waarom doen hulle op die sabbat wat nie geoorloof is nie?

25. En Hy sê vir hulle: Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het nie—toe hy in die nood was, en hy en die wat by hom was, honger gehad het—

26. hoe hy in die huis van God gegaan het in die tyd van Abjatar, die hoëpriester, en die toonbrode geëet het wat vir niemand behalwe die priesters geoorloof is om te eet nie; en ook aan die wat saam met hom was, gegee het?

27. En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.

28. Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.

About Markus Chapter 2

Read Markus Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Markus in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Markus
Chapter: 2
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Markus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Markus Chapter 2 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Markus Chapter 2?

Markus Chapter 2 is part of the Book of Markus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Markus Chapter 2 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Markus

  1. Markus Chapter 5
  2. Markus Chapter 1
  3. Markus Chapter 16
  4. Markus Chapter 8
  5. Markus Chapter 14
  6. Markus Chapter 12
  7. Markus Chapter 7

Explore More from Nuwe Testament

  1. Lukas Chapter 10
  2. Romeine Chapter 4
  3. Efesiërs Chapter 4
  4. Kolossense Chapter 1
  5. Markus Chapter 4
  6. Romeine Chapter 10
  7. 1 Johannes Chapter 4

Related Chapters & Readings

  1. Eksodus Chapter 3
  2. Romeine Chapter 1
  3. Kolossense Chapter 2
  4. Lukas Chapter 7
  5. Levitikus Chapter 5
  6. Psalms Chapter 3
  7. Nehemia Chapter 1
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *