Jakobus Chapter 3

For English

Read Jakobus Chapter 3 Online

Read Jakobus Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jakobus in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jakobus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Jakobus 3

Hoofstuk 3

1. Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ‘n groter oordeel sal ondergaan.

2. Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ‘n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.

3. Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee.

4. Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur ‘n baie klein roer net waarheen die stuurman wil.

5. Net so is die tong ook ‘n klein lid en beroem hom op groot dinge—kyk hoe ‘n groot hoop hout steek ‘n klein vuurtjie aan die brand.

6. Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.

7. Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur.

8. Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.

9. Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.

10. Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.

11. ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?

12. ‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.

13. Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.

14. Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie.

15. Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels;

16. want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.

17. Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.

18. En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

About Jakobus Chapter 3

Read Jakobus Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jakobus in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Jakobus
Chapter: 3
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jakobus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Jakobus Chapter 3 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Jakobus Chapter 3?

Jakobus Chapter 3 is part of the Book of Jakobus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Jakobus Chapter 3 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from jakobus

  1. Jakobus Chapter 1
  2. Jakobus Chapter 5
  3. Jakobus Chapter 2
  4. Jakobus Chapter 4
  5. Jakobus Chapter 1
  6. Jakobus Chapter 4
  7. Jakobus Chapter 3

Explore More from Nuwe Testament

  1. Johannes Chapter 21
  2. Markus Chapter 11
  3. Matteus Chapter 5
  4. 1 Korintiërs Chapter 10
  5. Handelinge Chapter 6
  6. Markus Chapter 2
  7. 1 Johannes Chapter 1

Related Chapters & Readings

  1. 2 Samuel Chapter 24
  2. Genesis Chapter 50
  3. Sagaria Chapter 9
  4. Spreuke Chapter 26
  5. Jesaja Chapter 32
  6. Numeri Chapter 22
  7. Jesaja Chapter 56
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *