Read 1 Korintiërs Chapter 2 Online
Read 1 Korintiërs Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Korintiërs and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Korintiërs 2
Hoofstuk 2
1. En toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van woorde of van wysheid nie,
2. want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.
3. Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing;
4. en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag,
5. sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.
6. Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie.
7. Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid,
8. wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie—want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie—
9. maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.
10. Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
11. Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.
12. Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.
13. Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
14. Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
15. Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.
16. Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.
About 1 Korintiërs Chapter 2
Read 1 Korintiërs Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Korintiërs
Chapter: 2
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Korintiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Korintiërs Chapter 2 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Korintiërs Chapter 2?
1 Korintiërs Chapter 2 is part of the Book of 1 Korintiërs in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Korintiërs Chapter 2 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1 Korintiers
- 1 Korintiërs Chapter 13
- 1 Korintiërs Chapter 14
- 1 Korintiërs Chapter 12
- 1 Korintiërs Chapter 10
- 1 Korintiërs Chapter 1
- 1 Korintiërs Chapter 8
- 1 Korintiërs Chapter 4
Explore More from Nuwe Testament
- Openbaring Chapter 8
- Johannes Chapter 20
- Hebreërs Chapter 13
- Galasiërs Chapter 4
- Openbaring Chapter 10
- Romeine Chapter 15
- Matteus Chapter 14