1 Konings Chapter 5

For English

Read 1 Konings Chapter 5 Online

Read 1 Konings Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Konings in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Konings and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Konings 5

Hoofstuk 5

1. En Hiram, die koning van Tirus, het sy dienaars na Salomo gestuur, omdat hy gehoor het dat hulle hom in sy vader se plek as koning gesalf het, want Hiram was altyd ‘n vriend van Dawid.

2. Daarop laat Salomo aan Hiram weet:

3. U weet self dat my vader Dawid geen huis vir die Naam van die HERE sy God kon bou nie vanweë die oorlog waarmee hulle hom omring het, totdat die HERE hulle onder sy voetsole gebring het.

4. Maar nou het die HERE my God my rus gegee rondom; daar is geen teëstander en daar is geen onheil wat dreig nie.

5. En kyk, ek is van plan om vir die Naam van die HERE my God ‘n huis te bou soos die HERE met my vader Dawid gespreek en gesê het: Jou seun wat Ek in jou plek op jou troon sal sit, hy sal die huis vir my Naam bou.

6. Gee dan nou bevel dat hulle vir my seders uit die Líbanon kap, en laat my dienaars saam met u dienaars wees, en die loon van u dienaars sal ek u gee net soos u sê; want u weet self dat onder ons niemand is wat verstaan om bome te kap soos die Sidoniërs nie.

7. Net toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy baie bly en sê: Geseënd is die HERE vandag wat vir Dawid ‘n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk.

8. Daarop laat Hiram aan Salomo weet: Ek het gehoor wat u my laat weet het; ék sal doen alles wat u verlang insake die sederhout en die sipreshout.

9. My dienaars sal dit van die Líbanon na die see afbring, en ék sal daar vlotte van maak op die see, tot by die plek wat u my sal laat weet, en ek sal dit daar uitmekaar laat neem; dan kan ú dit laat wegneem; en ú moet doen wat ek verlang deur voedsel aan my huis te lewer.

10. So het Hiram dan aan Salomo sederhout en sipreshout gelewer, soveel as hy wou hê,

11. terwyl Salomo aan Hiram gelewer het twintig duisend kor koring as voedsel vir sy huis en twintig kor uitgestampte olie; so het Salomo aan Hiram jaar vir jaar gelewer.

12. En die HERE het aan Salomo wysheid gegee volgens sy belofte, en daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het ‘n verbond gesluit.

13. Verder het koning Salomo uit die hele Israel die dwangarbeiders laat opkom, sodat die dwangarbeiders dertig duisend man was.

14. En hy het hulle gestuur na die Líbanon, tien duisend elke maand by beurte; een maand was hulle op die Líbanon, twee maande tuis; en Adoníram was oor die dwangarbeid.

15. Salomo het ook sewentig duisend draers en tagtig duisend klipkappers op die gebergte gehad,

16. behalwe die hoofopsigters van Salomo wat oor die werk was, drie duisend drie honderd wat bevel gevoer het oor die mense wat die werk doen.

17. En die koning het bevel gegee om groot klippe, kosbare klippe uit te breek om die fondament van die huis met gekapte klippe te lê.

18. En die bouers van Salomo en die bouers van Hiram en die Gibliete het dit gekap en die boomstamme en die klippe bewerk om die huis te bou.

About 1 Konings Chapter 5

Read 1 Konings Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Konings in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Konings
Chapter: 5
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Konings. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Konings Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Konings Chapter 5?

1 Konings Chapter 5 is part of the Book of 1 Konings in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Konings Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1 Konings

  1. 1 Konings Chapter 1
  2. 1 Konings Chapter 4
  3. 1 Konings Chapter 2
  4. 1 Konings Chapter 14
  5. 1 Konings Chapter 12
  6. 1 Konings Chapter 6
  7. 1 Konings Chapter 16

Explore More from Ou Testament

  1. Rigters Chapter 9
  2. Levitikus Chapter 6
  3. Esegiël Chapter 15
  4. Amos Chapter 7
  5. Eksodus Chapter 40
  6. Genesis Chapter 3
  7. 2 Konings Chapter 24

Related Chapters & Readings

  1. Matteus Chapter 27
  2. 1 Konings Chapter 7
  3. Hosea Chapter 8
  4. Johannes Chapter 20
  5. 1 Petrus Chapter 2
  6. Sagaria Chapter 6
  7. Nehemia Chapter 5
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *