Read 1 Samuel Chapter 5 Online
Read 1 Samuel Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Samuel in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Samuel and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Samuel 5
Hoofstuk 5
1. En die Filistyne het die ark van God geneem en dit van Ebenhaéser af na Asdod gebring.
2. Daarop het die Filistyne die ark van God geneem en dit in die huis van Dagon gebring en dit langs Dagon neergesit.
3. Toe die Asdodiete vroeg die volgende môre daarheen gaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die grond voor die ark van die HERE. En hulle het Dagon geneem en hom weer op sy plek gesit.
4. Maar toe hulle die volgende môre vroeg opstaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die grond voor die ark van die HERE; maar die hoof van Dagon en sy twee handpalms lê afgebreek op die drumpel: net Dagon se lyf het aan hom oorgebly.
5. Daarom trap die priesters van Dagon en almal wat in die huis van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van Dagon in Asdod nie.
6. Maar die hand van die HERE was swaar op die Asdodiete, en Hy het hulle verskrik en hulle getref met geswelle, Asdod en sy grondgebied.
7. Toe die manne van Asdod sien dat dit so gaan, sê hulle: Die ark van die God van Israel mag nie by ons bly nie, want sy hand druk swaar op ons en op ons god Dagon.
8. Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne by hulle byeen laat kom en gevra: Wat moet ons met die ark van die God van Israel doen? En dié het gesê: Laat die ark van die God van Israel oorgaan na Gat toe. Daarop het hulle die ark van die God van Israel oorgebring.
9. En nadat hulle dit oorgebring het, was die hand van die HERE teen die stad met ‘n baie groot verwarring, en Hy het die mense van die stad getref, van die kleinste tot die grootste, sodat geswelle aan hulle uitgebreek het.
10. Daarop stuur hulle die ark van God na Ekron. Maar toe die ark van God in Ekron kom, het die Ekroniete geskreeu en gesê: Hulle het die ark van die God van Israel na my toe oorgebring om my en my volk dood te maak.
11. Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne byeen laat kom en gesê: Stuur die ark van die God van Israel weg, dat dit na sy plek kan teruggaan en my en my volk nie doodmaak nie. Want daar het’n dodelike verwarring in die hele stad gekom: die hand van God was daar baie swaar.
12. En die mense wat nie gesterf het nie, is met geswelle getref, sodat die hulpgeroep van die stad na die hemel opgeklim het.
About 1 Samuel Chapter 5
Read 1 Samuel Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Samuel in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Samuel
Chapter: 5
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Samuel. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Samuel Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Samuel Chapter 5?
1 Samuel Chapter 5 is part of the Book of 1 Samuel in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Samuel Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1 Samuel
- 1 Samuel Chapter 5
- 1 Samuel Chapter 7
- 1 Samuel Chapter 3
- 1 Samuel Chapter 8
- 1 Samuel Chapter 20
- 1 Samuel Chapter 19
- 1 Samuel Chapter 4
Explore More from Ou Testament
- Psalms Chapter 109
- Josua Chapter 12
- Jeremia Chapter 18
- Eksodus Chapter 9
- Genesis Chapter 49
- Nehemia Chapter 9
- Sagaria Chapter 5