Numeri Chapter 19

For English

Read Numeri Chapter 19 Online

Read Numeri Chapter 19 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Numeri and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Numeri 19

Hoofstuk 19

1. Verder het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:

2. Dit is die wetsinsetting wat die HERE beveel het deur te sê: Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou ‘n rooi koei sonder gebrek bring waar geen liggaamsgebrek aan is, waarop geen juk gekom het nie.

3. En julle moet haar aan die priester Eleásar gee, en hulle moet haar buitekant die laer uitbring en voor hom slag.

4. En die priester Eleásar moet van haar bloed met sy vinger neem en van haar bloed sewe maal in die rigting van die voorkant van die tent van samekoms sprinkel.

5. Daarna moet hulle die koei voor sy oë verbrand; haar vel en haar vleis en haar bloed, saam met haar mis, moet hulle verbrand.

6. En die priester moet sederhout en hisop en skarlakendraad neem en dit binne-in die brand van die koei gooi.

7. Dan moet die priester sy klere was en sy liggaam in die water bad, en daarna mag hy in die laer kom; en die priester sal tot die aand toe onrein wees.

8. Ook die een wat haar verbrand het, moet sy klere in die water was en sy liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.

9. En ‘n rein man moet die as van die koei bymekaarmaak en buitekant die laer op ‘n rein plek neersit, en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel bewaar word vir die reinigingswater: dit is ‘n sondoffer.

10. En die een wat die as van die koei bymekaargemaak het, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees. En dit moet vir die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef, ‘n ewige insetting wees.

11. Die een wat aan ‘n dooie, enige lyk van ‘n mens, raak, hy sal sewe dae lank onrein wees.

12. Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom daarmee ontsondig—dan sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie.

13. Elkeen wat aan ‘n dooie raak, aan die lyk van ‘n mens wat gesterf het, en hom nie ontsondig nie, verontreinig die tabernakel van die HERE, en dié siel moet uit Israel uitgeroei word. Omdat geen reinigingswater op hom uitgegooi is nie, sal hy onrein wees;sy onreinheid is nog aan hom.

14. Dit is die wet: As iemand in ‘n tent sterwe, sal elkeen wat in die tent kom en al wat in die tent is, sewe dae lank onrein wees.

15. Ook al die oop goed wat nie met ‘n deksel toegebind word nie, is onrein.

16. En elkeen wat in die oop veld aan iemand raak wat deur die swaard verslaan is, of aan ‘n dooie of aan ‘n mens se doodsbeen of aan ‘n graf, sal sewe dae lank onrein wees.

17. Vir die onreine moet hulle dan van die as neem van die sondoffer wat verbrand is, en daar vars water in ‘n pot op gooi;

18. en ‘n rein man moet hisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan ‘n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan ‘n dooie of aan ‘n graf geraak het.

19. En die reine moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel en hom op die sewende dag ontsondig. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy rein wees.

20. Maar as iemand onrein word en hom nie ontsondig nie, dan moet dié siel uitgeroei word uit die vergadering, want hy het die heiligdom van die HERE verontreinig: reinigingswater is op hom nie uitgegooi nie, hy is onrein.

21. En dit moet vir hulle ‘n ewige insetting wees. En die een wat die reinigingswater sprinkel, moet sy klere was; en die een wat aan die reinigingswater raak, sal tot die aand toe onrein wees.

22. Ja, alles waar die onreine aan raak, sal onrein wees; en die persoon wat aan hom raak, sal tot die aand toe onrein wees.

About Numeri Chapter 19

Read Numeri Chapter 19 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Numeri
Chapter: 19
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Numeri. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Numeri Chapter 19 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Numeri Chapter 19?

Numeri Chapter 19 is part of the Book of Numeri in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Numeri Chapter 19 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Numeri

  1. Numeri Chapter 1
  2. Numeri Chapter 9
  3. Numeri Chapter 11
  4. Numeri Chapter 8
  5. Numeri Chapter 21
  6. Numeri Chapter 5
  7. Numeri Chapter 4

Explore More from Ou Testament

  1. Psalms Chapter 25
  2. Jeremia Chapter 35
  3. Eksodus Chapter 20
  4. 1 Konings Chapter 6
  5. Psalms Chapter 93
  6. Amos Chapter 7
  7. Esegiël Chapter 33

Related Chapters & Readings

  1. Romeine Chapter 14
  2. Psalms Chapter 58
  3. Genesis Chapter 31
  4. 1 Kronieke Chapter 13
  5. Eksodus Chapter 12
  6. Miga Chapter 1
  7. Numeri Chapter 8
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *