Hosea Chapter 4

For English

Read Hosea Chapter 4 Online

Read Hosea Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hosea in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Hosea and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Hosea 4

Hoofstuk 4

1. Hoor die woord van die HERE, o kinders van Israel! Want die HERE het ‘n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.

2. Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.

3. Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.

4. Laat net niemand met ons twis of ons berispe nie! Nogtans is jou volk soos die wat met die priester twis!

5. Daarom sal jy struikel bedags, en ook die profeet saam met jou struikel in die nag, en Ek sal jou moeder te gronde laat gaan.

6. My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

7. Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle heerlikheid in skande verander.

8. Hulle lewe van die sondoffer van my volk, en na dié se ongeregtigheid verlang hulle siel.

9. Daarom sal dit met die priester gaan soos met die volk—Ek sal by hom besoeking doen oor sy weë en hom vergeld na sy dade.

10. Dan sal hulle eet, maar nie versadig word nie; hulle sal hoereer, maar nie uitbreek in menigte nie; want hulle het nagelaat om die HERE te vereer.

11. Hoerery en wyn en mos neem die hart weg.

12. My volk raadpleeg sy hout, en sy staf moet hom die inligting gee; want ‘n gees van hoerery het hulle verlei, en deur hulle hoerery het hulle van hul God afvallig geword.

13. Hulle offer op die bergtoppe en laat rook opgaan op die heuwels, onder die eike en populiere en terpentynbome, omdat die skaduwee daar goed is. Daarom pleeg julle dogters hoerery, en julle skoondogters bedryf owerspel.

14. Ek sal oor julle dogters geen besoeking doen omdat hulle hoereer nie, en ook nie oor julle skoondogters omdat hulle owerspel bedryf nie; want die manne sonder hulleself af met die hoere en offer met die tempelhoere. So kom dan die volk wat geen verstand het nie, tot ‘n val.

15. As jy hoereer, o Israel, laat Juda hom tog nie skuldig maak nie! Kom dan nie na Gilgal nie, en gaan nie op na Bet-Awen nie, en sweer nie: So waar as die HERE leef!

16. Want Israel is wederstrewig soos ‘n wederstrewige koei; nou sal die HERE hulle laat wei soos ‘n lam in die oop veld.

17. Efraim is gekoppel aan die afgode: laat hom staan!

18. As hulle drinkery verby is, dan hoereer hulle te meer. Hulle vorste is versot op skande.

19. Die wind bind hulle in sy vleuels, sodat hulle oor hul offers beskaamd sal staan.

About Hosea Chapter 4

Read Hosea Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hosea in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Hosea
Chapter: 4
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Hosea. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Hosea Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Hosea Chapter 4?

Hosea Chapter 4 is part of the Book of Hosea in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Hosea Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Hosea

  1. Hosea Chapter 6
  2. Hosea Chapter 2
  3. Hosea Chapter 12
  4. Hosea Chapter 7
  5. Hosea Chapter 11
  6. Hosea Chapter 12
  7. Hosea Chapter 12

Explore More from Ou Testament

  1. Rigters Chapter 3
  2. Esegiël Chapter 39
  3. Numeri Chapter 9
  4. Levitikus Chapter 10
  5. 1 Samuel Chapter 20
  6. Numeri Chapter 6
  7. Genesis Chapter 38

Related Chapters & Readings

  1. Miga Chapter 6
  2. Prediker Chapter 5
  3. Jesaja Chapter 55
  4. Jesaja Chapter 40
  5. Galasiërs Chapter 1
  6. Openbaring Chapter 2
  7. Romeine Chapter 8
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *