Read Hosea Chapter 9 Online
Read Hosea Chapter 9 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hosea in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Hosea and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Hosea 9
Hoofstuk 9
1. Wees nie bly met gejuig, o Israel, soos die volke nie, want jy het gehoereer van jou God af weg; jy het hoereloon liefgehad op al die koringdorsvloere.
2. Dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal hulle in die steek laat.
3. Hulle sal in die land van die HERE nie bly nie; maar Efraim sal na Egipte teruggaan, en in Assur sal hulle eet wat onrein is.
4. Hulle sal vir die HERE geen wyn uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie; soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees. Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hulle brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van die HERE kom nie.
5. Wat sal julle dan doen op die feestyd en op die feesdag van die HERE?
6. Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel, Mof hulle begrawe; onkruid sal hulle skat van silwergoed in besit neem, dorings in hulle tente wees.
7. Die dae van besoeking het gekom, die dae van vergelding het gekom; Israel sal dit ervaar! Die profeet word ‘n dwaas, die man van die gees ‘n waansinnige, weens die grootheid van jou ongeregtigheid, en omdat die vyandskap groot is.
8. Efraim is ‘n spioen teenoor my God; wat die profeet aangaan, die net van ‘n voëlvanger is op al sy weë gesprei, vyandskap in die huis van sy God.
9. Hulle het baie, baie verkeerd gehandel soos in die dae van Gíbea. Hy sal dink aan hulle ongeregtigheid, besoeking doen oor hulle sondes.
10. Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei; maar húlle het na Baäl-Peor gekom en hulle aan die skandegod toegewy en ‘n verfoeisel geword net soos die voorwerp van hulle liefde.
11. Efraim—sy heerlikheid sal wegvlieg soos ‘n voël. Geen geboorte, geen moederskap, geen ontvangenis meer nie!
12. Ja, al sou hulle hul kinders grootmaak, Ek maak hulle kinderloos, sonder mense; ja, wee hulleself ook as Ek van hulle wyk.
13. Efraim, soos Ek dit sien na Tirus heen, is geplant in ‘n mooi omgewing, maar Efraim sal sy seuns na die moordenaar moet uitbring.
14. Gee hulle, o HERE—wat sal U gee? —gee hulle ‘n kinderlose moederskoot en uitgedroogde borste.
15. Al hulle boosheid is byeen in Gilgal, want daar het Ek hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; Ek sal hulle uit my huis uitdrywe, hulle nie meer liefhê nie. Al hulle vorste is opstandig.
16. Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrug meer nie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.
17. My God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, en hulle sal rondswerwe onder die nasies.
About Hosea Chapter 9
Read Hosea Chapter 9 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hosea in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Hosea
Chapter: 9
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Hosea. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Hosea Chapter 9 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Hosea Chapter 9?
Hosea Chapter 9 is part of the Book of Hosea in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Hosea Chapter 9 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Hosea
- Hoşea Chapter 14
- Hoşea Chapter 8
- Hoşea Chapter 12
- Hoşea Chapter 1
- Hoşea Chapter 10
- Hoşea Chapter 9
- Hoşea Chapter 7
Explore More from Ou Testament
- Prediker Chapter 11
- Psalms Chapter 60
- Psalms Chapter 144
- 1 Kronieke Chapter 24
- Esegiël Chapter 29
- Psalms Chapter 13
- 1 Kronieke Chapter 11