Hosea Chapter 1

For English

Read Hosea Chapter 1 Online

Read Hosea Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hosea in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Hosea and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Hosea 1

Hoofstuk 1

1. Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel.

2. Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word.

3. Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar.

4. En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel.

5. Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël.

6. Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie.

7. Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie.

8. Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar.

9. En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie.

10. Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.

11. Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!

About Hosea Chapter 1

Read Hosea Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hosea in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Hosea
Chapter: 1
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Hosea. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Hosea Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Hosea Chapter 1?

Hosea Chapter 1 is part of the Book of Hosea in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Hosea Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Hosea

  1. Hosea Chapter 6
  2. Hosea Chapter 2
  3. Hosea Chapter 12
  4. Hosea Chapter 12
  5. Hosea Chapter 7
  6. Hosea Chapter 11
  7. Hosea Chapter 12

Explore More from Ou Testament

  1. Jeremia Chapter 1
  2. Genesis Chapter 37
  3. Psalms Chapter 20
  4. Psalms Chapter 97
  5. Psalms Chapter 7
  6. Amos Chapter 2
  7. Nahum Chapter 2

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 18
  2. Numeri Chapter 34
  3. Esegiël Chapter 4
  4. Handelinge Chapter 11
  5. Esegiël Chapter 31
  6. Jesaja Chapter 7
  7. Habakuk Chapter 2
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *