Read Numeri Chapter 17 Online
Read Numeri Chapter 17 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Numeri and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Numeri 17
Hoofstuk 17
1. Daarna het die HERE met Moses gespreek en gesê:
2. Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam ‘n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf.
3. En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof.
4. En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor die Getuienis waar Ek met julle saamkom.
5. En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel wat hulle teen julle murmureer, stilmaak teenoor My.
6. Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom ‘n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawe. Aäron se staf was ook onder hulle stawe.
7. En Moses het die stawe voor die aangesig van die HERE in die tent van die Getuienis neergesit.
8. En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!
9. Toe bring Moses al die stawe wat voor die aangesig van die HERE was, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem.
10. Daarop het die HERE vir Moses gesê: Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie.
11. En Moses het dit gedoen; soos die HERE hom beveel het, so het hy gedoen.
12. Toe het die kinders van Israel met Moses gespreek en gesê: Kyk, ons sterwe, ons vergaan, ons almal vergaan!
13. Elkeen wat enigsins nader kom na die tabernakel van die HERE, sal sterwe. Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te sterwe?
About Numeri Chapter 17
Read Numeri Chapter 17 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Numeri
Chapter: 17
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Numeri. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Numeri Chapter 17 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Numeri Chapter 17?
Numeri Chapter 17 is part of the Book of Numeri in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Numeri Chapter 17 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Numeri
- Numeri Chapter 1
- Numeri Chapter 11
- Numeri Chapter 5
- Numeri Chapter 9
- Numeri Chapter 8
- Numeri Chapter 3
- Numeri Chapter 10
Explore More from Ou Testament
- Psalms Chapter 71
- Jeremia Chapter 44
- Numeri Chapter 1
- 1 Samuel Chapter 13
- Jesaja Chapter 31
- Eksodus Chapter 13
- Jeremia Chapter 1