Josua Chapter 11

For English

Read Josua Chapter 11 Online

Read Josua Chapter 11 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Josua in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Josua and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Josua 11

Hoofstuk 11

1. En toe Jabin, die koning van Hasor, dit hoor, het hy gestuur na Jobab, die koning van Madon, en na die koning van Simron en na die koning van Agsaf;

2. verder na die konings in die Noorde, in die gebergte en op die Vlakte suid van Kínnerot en in die Laeveld en op die hoëveld van Dor in die weste;

3. na die Kanaäniete in die ooste en in die weste en die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Jebusiete op die gebergte en die Hewiete onderaan Hermon, in die land van Mispa.

4. Hulle het dan uitgetrek en al hulle leërs saam met hulle, ‘n volk talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte, met ‘n groot getal perde en strydwaens;

5. en al hierdie konings het volgens afspraak byeengekom en saam laer opgeslaan by die waters van Merom, om met Israel oorlog te voer.

6. Toe sê die HERE vir Josua: Wees vir hulle nie bevrees nie; want môre omtrent sulke tyd sal Ek hulle, almal verslaan, aan Israel oorgee; hulle perde se hakskeensenings moet jy afsny en hulle waens met vuur verbrand.

7. En Josua met al die weerbare manskappe by hom het skielik op hulle afgekom by die waters van Merom en hulle oorval.

8. En die HERE het hulle in die hand van Israel gegee, sodat dié hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by Groot-Sidon en tot by Mísrefot-Maim en tot by die laagte van Mispe teen die ooste; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle was wat vrygeraak het nie.

9. En Josua het met hulle gedoen soos die HERE aan hom gesê het: hulle perde se hakskeensenings het hy afgesny en hulle strydwaens met vuur verbrand.

10. En in dié tyd het Josua omgedraai en Hasor ingeneem en sy koning met die swaard verslaan; want Hasor was tevore die hoof van al daardie koninkryke.

11. En hulle het al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan en hulle met die banvloek getref; niks wat asemhaal, het oorgebly nie, en Hasor het hy met vuur verbrand.

12. En al daardie koningstede met al hulle konings het Josua geneem en hulle met die skerpte van die swaard verslaan; hy het hulle met die banvloek getref, soos Moses, die kneg van die HERE, beveel het.

13. Net al die stede wat op hulle heuwels gelê het, dié het Israel nie verbrand nie, behalwe Hasor alleen—wat Josua verbrand het.

14. En al die buit van daardie stede en die vee het die kinders van Israel vir hulleself buitgemaak; net al die mense het hulle verslaan met die skerpte van die swaard, totdat hulle dié verdelg het; hulle het niks wat asemhaal, laat oorbly nie.

15. Soos die HERE Moses, sy kneg, beveel het, so het Moses aan Josua bevel gegee, en so het Josua gehandel; hy het niks nagelaat van alles wat die HERE Moses beveel het nie.

16. So het Josua dan hierdie hele land ingeneem: die Gebergte en die hele Suidland en die hele land Gosen en die Laeveld en die Vlakte en die gebergte van Israel met sy laagte;

17. van die Kaal Berg af, wat oploop na Seïr toe, tot by Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon onderaan die berg Hermon; en al hulle konings het hy gevang en hulle verslaan en hulle gedood.

18. Baie lank het Josua met al hierdie konings oorlog gevoer.

19. Daar was geen stad wat met die kinders van Israel vrede gesluit het nie, behalwe die Hewiete, die inwoners van Gíbeon; alles het hulle met wapengeweld geneem.

20. Want die HERE het dit so bestier dat hulle hul hardnekkig voorgeneem het om Israel te bestry, sodat dié hulle met die banvloek sou tref, dat daar vir hulle geen genade sou wees nie; maar dat dié hulle sou verdelg, soos die HERE Moses beveel het.

21. En in dié tyd het Josua gekom en die Enakiete uitgeroei, uit die gebergte, uit Hebron, Debir, Anab en uit die hele gebergte van Juda en die hele gebergte van Israel; met hul stede saam het Josua hulle met die banvloek getref.

22. Niemand van die Enakiete het oorgebly in die land van die kinders van Israel nie; net in Gasa, in Gat en in Asdod het hulle oorgebly.

23. So het Josua dan die hele land ingeneem net soos die HERE met Moses gespreek het; en Josua het dit as ‘n erfdeel aan Israel gegee volgens hulle afdelings, volgens hulle stamme; en die land het gerus van oorlog.

About Josua Chapter 11

Read Josua Chapter 11 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Josua in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Josua
Chapter: 11
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Josua. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Josua Chapter 11 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Josua Chapter 11?

Josua Chapter 11 is part of the Book of Josua in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Josua Chapter 11 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Josua

  1. Josua Chapter 10
  2. Josua Chapter 5
  3. Josua Chapter 17
  4. Josua Chapter 12
  5. Josua Chapter 14
  6. Josua Chapter 4
  7. Josua Chapter 6

Explore More from Ou Testament

  1. Job Chapter 7
  2. Job Chapter 32
  3. Esegiël Chapter 14
  4. Prediker Chapter 1
  5. Numeri Chapter 10
  6. Spreuke Chapter 29
  7. Sefanja Chapter 3

Related Chapters & Readings

  1. Daniël Chapter 9
  2. Esegiël Chapter 12
  3. Openbaring Chapter 21
  4. 2 Kronieke Chapter 16
  5. 2 Korintiërs Chapter 1
  6. 2 Konings Chapter 25
  7. Numeri Chapter 20
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *