Read 1 Samuel Chapter 11 Online
Read 1 Samuel Chapter 11 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Samuel in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Samuel and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Samuel 11
Hoofstuk 11
1. En Nahas, die Ammoniet, het opgetrek en Jabes in Gílead beleër; en al die manne van Jabes het aan Nahas gesê: Sluit met ons ‘n verbond, dan sal ons u dien.
2. Maar Nahas, die Ammoniet, het vir hulle gesê: Op hierdie voorwaarde sal ek die verbond met julle sluit, dat ek julle almal die regteroog uitsteek en dit as ‘n skande op die hele Israel kan lê.
3. Toe sê die oudstes van Jabes vir hom: Laat ons sewe dae lank met rus, dat ons boodskappers in die hele gebied van Israel kan stuur; as daar dan niemand is wat ons verlos nie, sal ons na u toe uittrek.
4. En die boodskappers het in Gíbea van Saul gekom en die woorde voor die ore van die volk gespreek. Daarop verhef die hele volk hulle stem en ween.
5. Toe kom Saul juis aan agter die beeste van die veld af, en Saul sê: Wat is dit met die volk, dat hulle ween? En hulle vertel hom die woorde van die manne van Jabes.
6. En die Gees van God het oor Saul vaardig geword terwyl hy dié woorde hoor, en hy het baie kwaad geword.
7. En hy het ‘n paar beeste geneem en hulle stukkend gesny en met boodskappers deur die hele gebied van Israel gestuur om te sê: Wie nie agter Saul en agter Samuel aan uittrek nie—so sal met sy beeste gedoen word. Toe val die skrik van die HERE op die volk en hulle trek soos een man uit.
8. En hy het hulle gemonster in Besek: die kinders van Israel was drie honderd duisend en die manne van Juda dertig duisend.
9. En hulle het aan die boodskappers wat gekom het, gesê: So moet julle aan die manne van Jabes in Gílead sê: Môre as die son op sy warmste is, sal julle hulp kry. Toe die boodskappers ingaan en dit aan die manne van Jabes meedeel, was hulle bly.
10. En die manne van Jabes sê: Môre sal ons na julle uittrek, en julle kan met ons doen net soos dit goed is in julle oë.
11. Maar die volgende môre het Saul die manskappe in drie afdelings opgestel, en hulle het met die môrewag in die laer ingekom en die Ammoniete verslaan tot op die warmste van die dag; en die ander het so verstrooid geraak dat nie twee onder hulle bymekaar gebly het nie.
12. Daarna sê die manskappe vir Samuel: Wie is dit wat gevra het: Sou Saul oor ons regeer? Lewer die manne uit, dat ons hulle kan doodmaak.
13. Maar Saul antwoord: Op hierdie dag mag geen man gedood word nie, want vandag het die HERE ‘n verlossing in Israel bewerk.
14. Toe sê Samuel aan die volk: Kom, laat ons na Gilgal gaan en daar die koningskap vernuwe.
15. En die hele volk het na Gilgal getrek en daar Saul voor die aangesig van die HERE in Gilgal koning gemaak; en hulle het daar dankoffers voor die aangesig van die HERE geslag, en Saul met al die manne van Israel was daar uitermate vrolik.
About 1 Samuel Chapter 11
Read 1 Samuel Chapter 11 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Samuel in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Samuel
Chapter: 11
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Samuel. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Samuel Chapter 11 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Samuel Chapter 11?
1 Samuel Chapter 11 is part of the Book of 1 Samuel in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Samuel Chapter 11 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1 Samuel
- 1 Samuel Chapter 5
- 1 Samuel Chapter 7
- 1 Samuel Chapter 3
- 1 Samuel Chapter 8
- 1 Samuel Chapter 20
- 1 Samuel Chapter 19
- 1 Samuel Chapter 4
Explore More from Ou Testament
- Psalms Chapter 125
- Psalms Chapter 133
- 2 Kronieke Chapter 32
- Rigters Chapter 7
- Psalms Chapter 11
- Psalms Chapter 21
- 1 Samuel Chapter 29