Numeri Chapter 7

For English

Read Numeri Chapter 7 Online

Read Numeri Chapter 7 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Numeri and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Numeri 7

Hoofstuk 7

1. En op die dag toe Moses die tabernakel klaar opgerig en dit gesalf en geheilig het met al sy gereedskap, en die altaar met al sy gereedskap, en hy dit gesalf en geheilig het,

2. het die owerstes van Israel, die hoofde van hulle families, offers gebring—hulle was die owerstes van die stamme, hulle wat oor die geteldes gestaan het—

3. hulle het hul offer voor die aangesig van die HERE gebring: ses tentwaens en twaalf beeste; ‘n wa vir twee owerstes en ‘n bees vir elkeen; en hulle het dit voor die tabernakel gebring.

4. En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

5. Neem dit van hulle aan, dat dit kan gebruik word om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig; en jy moet dit aan die Leviete gee, aan elkeen volgens sy dienswerk.

6. Toe het Moses die waens en die beeste geneem en dit aan die Leviete gegee:

7. twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Gerson gegee volgens hulle dienswerk;

8. en vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van Merári gegee volgens hulle dienswerk, onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron.

9. Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; want die diens van die heiligdom het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra.

10. En die owerstes het die inwydingsgawe van die altaar gebring op die dag toe dit gesalf is, en die owerstes het hulle offer voor die altaar gebring.

11. En die HERE het aan Moses gesê: Elke owerste moet, elkeen op ‘n afsonderlike dag, sy offer bring vir die inwyding van die altaar.

12. En hy wat op die eerste dag sy offer gebring het, was Nagson, die seun van Ammínadab, van die stam van Juda.

13. En sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

14. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

15. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

16. een bokram as sondoffer;

17. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Nagson, die seun van Ammínadab.

18. Op die tweede dag het Netáneël, die seun van Suar, die owerste van Issaskar, aangebring—

19. hy het sy offer gebring: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

20. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

21. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

22. een bokram as sondoffer;

23. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Netáneël, die seun van Suar.

24. Op die derde dag die owerste van die kinders van Sébulon, Elíab, die seun van Helon.

25. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

26. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

27. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

28. een bokram as sondoffer;

29. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elíab, die seun van Helon.

30. Op die vierde dag die owerste van die kinders van Ruben, Elísur, die seun van Sedéür.

31. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

32. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

33. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

34. een bokram as sondoffer;

35. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elísur, die seun van Sedéür.

36. Op die vyfde dag die owerste van die kinders van Símeon, Selúmiël, die seun van Surísaddai.

37. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

38. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

39. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

40. een bokram as sondoffer;

41. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Selúmiël, die seun van Surísaddai.

42. Op die sesde dag die owerste van die kinders van Gad, Éljasaf, die seun van Réhuel.

43. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

44. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

45. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

46. een bokram as sondoffer;

47. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Éljasaf, die seun van Réhuel.

48. Op die sewende dag die owerste van die kinders van Efraim, Elisáma, die seun van Ammíhud.

49. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

50. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

51. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

52. een bokram as sondoffer;

53. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elisáma, die seun van Ammíhud.

54. Op die agtste dag die owerste van die kinders van Manasse, Gámliël, die seun van Pedásur.

55. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

56. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

57. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

58. een bokram as sondoffer;

59. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Gámliël, die seun van Pedásur.

60. Op die negende dag die owerste van die kinders van Benjamin, Abídan, die seun van Gideóni.

61. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

62. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

63. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

64. een bokram as sondoffer;

65. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Abídan, die seun van Gideóni.

66. Op die tiende dag die owerste van die kinders van Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai.

67. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

68. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

69. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

70. een bokram as sondoffer;

71. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ahiëser, die seun van Ammísaddai.

72. Op die elfde dag die owerste van die kinders van Aser, Págiël, die seun van Ogran.

73. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

74. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

75. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

76. een bokram as sondoffer;

77. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Págiël, die seun van Ogran.

78. Op die twaalfde dag die owerste van die kinders van Náftali, Ahíra, die seun van Enan.

79. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

80. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

81. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

82. een bokram as sondoffer;

83. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ahíra, die seun van Enan.

84. Dit was die inwydingsgawe van die altaar van die kant van Israel se owerstes op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwerskottels, twaalf silwerkomme, twaalf goue rookpanne—

85. elke skottel honderd en dertig sikkels silwer, en elke kom sewentig; al die silwer van die goed was twee duisend vier honderd volgens die sikkel van die heiligdom—

86. twaalf goue rookpanne, vol reukwerk; elke rookpan tien sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; al die goud van die rookpanne was honderd en twintig sikkels.

87. Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle; die ramme twaalf, die jaaroud lammers twaalf, met hulle spysoffer; en twaalf bokramme as sondoffer.

88. En al die beeste vir die dankoffer was vier en twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig, die jaaroud lammers sestig. Dit is die inwydingsgawe van die altaar nadat dit gesalf is.

89. En as Moses in die tent van samekoms gegaan het om met Hom te spreek, het hy die stem met hom hoor spreek van die versoendeksel af wat op die ark van die Getuienis is, tussen die twee gérubs uit. So het Hy dan met hom gespreek.

About Numeri Chapter 7

Read Numeri Chapter 7 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Numeri
Chapter: 7
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Numeri. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Numeri Chapter 7 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Numeri Chapter 7?

Numeri Chapter 7 is part of the Book of Numeri in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Numeri Chapter 7 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Numeri

  1. Numeri Chapter 1
  2. Numeri Chapter 11
  3. Numeri Chapter 8
  4. Numeri Chapter 21
  5. Numeri Chapter 9
  6. Numeri Chapter 5
  7. Numeri Chapter 10

Explore More from Ou Testament

  1. 2 Samuel Chapter 24
  2. Eksodus Chapter 2
  3. Levitikus Chapter 25
  4. Psalms Chapter 21
  5. Eksodus Chapter 6
  6. Genesis Chapter 4
  7. Psalms Chapter 62

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 135
  2. 1 Timoteus Chapter 2
  3. Jeremia Chapter 42
  4. Daniël Chapter 3
  5. 2 Kronieke Chapter 18
  6. Hebreërs Chapter 4
  7. 1 Korintiërs Chapter 1
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *