Openbaring Chapter 21

For English

Read Openbaring Chapter 21 Online

Read Openbaring Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Openbaring in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Openbaring and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Openbaring 21

Hoofstuk 21

1. En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

2. En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.

3. En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

4. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

5. En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.

6. En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.

7. Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

8. Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.

9. En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.

10. En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;

11. en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.

12. En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.

13. Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.

14. En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.

15. En hy wat met my gespreek het, het ‘n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.

16. En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.

17. En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el, volgens ‘n mens se maat, wat die maat van ‘n engel is.

18. En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.

19. En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;

20. die vyfde sardóniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasínt, die twaalfde ametís.

21. En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.

22. En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.

23. En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.

24. En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.

25. En bedags want nag sal daar nie meer wees nie sal sy poorte nooit gesluit word nie;

26. en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.

27. En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.

About Openbaring Chapter 21

Read Openbaring Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Openbaring in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Openbaring
Chapter: 21
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Openbaring. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Openbaring Chapter 21 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Openbaring Chapter 21?

Openbaring Chapter 21 is part of the Book of Openbaring in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Openbaring Chapter 21 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Nuwe Testament

  1. Johannes Chapter 1
  2. Johannes Chapter 15
  3. Johannes Chapter 14
  4. Johannes Chapter 13
  5. Johannes Chapter 5
  6. Johannes Chapter 2
  7. Johannes Chapter 12

Explore More from Openbaring

  1. Openbaring Chapter 10
  2. Openbaring Chapter 15
  3. Openbaring Chapter 5
  4. Openbaring Chapter 3
  5. Openbaring Chapter 1
  6. Openbaring Chapter 3
  7. Openbaring Chapter 2

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 130
  2. 2 Korintiërs Chapter 8
  3. Psalms Chapter 135
  4. Lukas Chapter 15
  5. Psalms Chapter 44
  6. Esra Chapter 2
  7. Josua Chapter 3
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *