Read Genesis Chapter 8 Online
Read Genesis Chapter 8 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Genesis in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Genesis and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Genesis 8
Hoofstuk 8
1. En God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het ‘n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.
2. Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het opgehou.
3. Toe het die waters geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die end van honderd en vyftig dae.
4. En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Ararat gerus.
5. En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.
6. Toe het Noag aan die end van veertig dae die venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het,
7. en ‘n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die aarde af.
8. Daarop laat hy ‘n duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die aarde verminder het.
9. Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring.
10. Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die ark.
11. En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was ‘n groen olyfblad in sy bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het.
12. Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar hy het nie weer na hom teruggekeer nie.
13. In die ses honderd en eerste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die waters weggedroog van die aarde af. En Noag het die deksel van die ark weggeneem en uitgekyk, en die aarde was droog—
14. in die tweede maand, op die sewe en twintigste dag van die maand, was die aarde droog.
15. En God het met Noag gespreek en gesê:
16. Gaan uit die ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou.
17. Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.
18. Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom.
19. Al die diere, alles wat kruip, en al die voëls, alles wat op die aarde beweeg, volgens hulle soorte, het uit die ark uitgegaan.
20. En Noag het vir die HERE ‘n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.
21. En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.
22. Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.
About Genesis Chapter 8
Read Genesis Chapter 8 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Genesis in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Genesis
Chapter: 8
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Genesis. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Genesis Chapter 8 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Genesis Chapter 8?
Genesis Chapter 8 is part of the Book of Genesis in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Genesis Chapter 8 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Genesis
- Gênesis Chapter 12
- Gênesis Chapter 13
- Gênesis Chapter 40
- Gênesis Chapter 5
- Gênesis Chapter 16
- Gênesis Chapter 14
- Gênesis Chapter 20
Explore More from Ou Testament
- 2 Samuel Chapter 3
- Numeri Chapter 35
- Rigters Chapter 13
- 1 Konings Chapter 13
- Eksodus Chapter 29
- Hosea Chapter 2
- Sagaria Chapter 13