2 Konings Chapter 11

For English

Read 2 Konings Chapter 11 Online

Read 2 Konings Chapter 11 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Konings in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Konings and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

2 Konings 11

Hoofstuk 11

1. Toe Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar klaargemaak en die hele koninklike geslag omgebring.

2. Maar Joséba, die dogter van koning Joram, die suster van Ahásia, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring. So het hulle hom dan vir Atália weggesteek, sodat hy nie gedood is nie.

3. En hy was saam met haar in die huis van die HERE verborge, ses jaar lank, terwyl Atália oor die land regeer.

4. Maar in die sewende jaar het Jójada die owerstes oor honderd van die Kariërs en van die hardlopers laat haal en by hom in die huis van die HERE laat kom en met hulle ‘n verbond gesluit onder eedswering in die huis van die HERE, en vir hulle die koning se seun gewys.

5. Daarna gee hy hulle bevel en sê: Dit moet julle doen: ‘n derde deel van julle wat op die sabbat inkom, moet wag hou by die huis van die koning,

6. en ‘n derde deel by die poort Sur, en ‘n derde deel by die poort agter die hardlopers, en julle moet wag hou by die huis om dit te verdedig.

7. En die twee ander afdelings van julle, almal wat op die sabbat uitgaan, moet die wag by die huis van die HERE by die koning hou;

8. en julle moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en die een wat in die rye inkom, moet gedood word; en julle moet by die koning wees as hy uit— en ingaan.

9. Die owerstes oor honderd het toe gedoen net soos die priester Jójada beveel het en elkeen sy manne geneem wat op die sabbat inkom saam met die wat op die sabbat uitgaan, en na die priester Jójada gekom.

10. En die priester het aan die owerstes oor honderd die spiese en die skilde van koning Dawid gegee wat in die huis van die HERE was.

11. En die hardlopers het gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis na die altaar en na die huis toe, rondom by die koning.

12. Daarna het hy die seun van die koning uitgebring en aan hom die kroon en die Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak en hom gesalf en met die hande geklap en gesê: Mag die koning lewe!

13. Toe Atália die stem van die hardlopers en van die volk hoor, het sy na die volk in die huis van die HERE gekom;

14. en toe sy die koning sien staan op die verhoog, volgens die gewoonte, met die owerstes en die trompetblasers by die koning, terwyl die hele volk van die land bly is en op die trompette blaas, skeur Atália haar klere en roep uit: Verraad, verraad!

15. Maar die priester Jójada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, bevel gegee en vir hulle gesê: Neem haar weg tot binne die rye in en maak dood met die swaard die wat agter haar aankom—want die priester het gesê: Sy moet nie in die huis van die HERE gedood word nie.

16. En hulle het die hande aan haar geslaan, en sy het deur die ingang vir die perde in die huis van die koning gekom en is daar gedood.

17. En Jójada het die verbond gesluit tussen die HERE en die koning en die volk, dat hulle ‘n volk van die HERE sou wees; ook tussen die koning en die volk.

18. Daarna het die hele volk van die land in die tempel van Baäl ingegaan en dit afgebreek; sy altare en sy beelde het hulle kort en klein gebreek, en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare doodgeslaan. Verder het die priester wagte aangestel oor die huis van die HERE.

19. Toe neem hy die owerstes oor honderd en die Kariërs en die hardlopers en die hele volk van die land; en hulle het die koning afgebring uit die huis van die HERE en deur die poort van die hardlopers in die huis van die koning gegaan, en hy het op die koningstroon gaan sit.

20. En die hele volk van die land was bly, en die stad rustig. Maar hulle het Atália met die swaard in die huis van die koning gedood.

21. Joas was sewe jaar oud toe hy koning geword het.

About 2 Konings Chapter 11

Read 2 Konings Chapter 11 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Konings in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Konings
Chapter: 11
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Konings. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Konings Chapter 11 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Konings Chapter 11?

2 Konings Chapter 11 is part of the Book of 2 Konings in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Konings Chapter 11 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2-konings

  1. 2 Konings Chapter 10
  2. 2 Konings Chapter 15
  3. 2 Konings Chapter 25
  4. 2 Konings Chapter 19
  5. 2 Konings Chapter 14
  6. 2 Konings Chapter 22
  7. 2 Konings Chapter 18

Explore More from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 63
  2. Esegiël Chapter 17
  3. Psalms Chapter 85
  4. Psalms Chapter 36
  5. Psalms Chapter 101
  6. Numeri Chapter 20
  7. 2 Kronieke Chapter 27

Related Chapters & Readings

  1. Eksodus Chapter 11
  2. Psalms Chapter 146
  3. Job Chapter 25
  4. 2 Konings Chapter 1
  5. Job Chapter 11
  6. Job Chapter 17
  7. Psalms Chapter 37
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *