1 Johannes Chapter 4

For English

Read 1 Johannes Chapter 4 Online

Read 1 Johannes Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Johannes in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Johannes and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Johannes 4

Hoofstuk 4

1. Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.

2. Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;

3. en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

4. Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

5. Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.

6. Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.

7. Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.

8. Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.

9. Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.

10. Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.

11. Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.

12. Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.

13. Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.

14. En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.

15. Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God.

16. En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

17. Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

18. Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

19. Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

20. As iemand sê: Ek het God lief—en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?

21. En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.

About 1 Johannes Chapter 4

Read 1 Johannes Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Johannes in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Johannes
Chapter: 4
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Johannes. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Johannes Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Johannes Chapter 4?

1 Johannes Chapter 4 is part of the Book of 1 Johannes in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Johannes Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1 Johannes

  1. 1 Johannes Chapter 1
  2. 1 Johannes Chapter 2
  3. 1 Johannes Chapter 3
  4. 1 Johannes Chapter 5
  5. 1 Johannes Chapter 1
  6. 1 Johannes Chapter 3
  7. 1. Johannes Chapter 3

Explore More from Nuwe Testament

  1. Filippense Chapter 2
  2. Galasiërs Chapter 3
  3. Handelinge Chapter 17
  4. Matteus Chapter 2
  5. Openbaring Chapter 15
  6. Lukas Chapter 11
  7. 1 Petrus Chapter 5

Related Chapters & Readings

  1. Jona Chapter 3
  2. Markus Chapter 12
  3. Spreuke Chapter 6
  4. Handelinge Chapter 21
  5. Habakuk Chapter 2
  6. Esegiël Chapter 45
  7. Deuteronomium Chapter 33
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *