Read Titus Chapter 3 Online
Read Titus Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Titus in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Titus and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Titus 3
Hoofstuk 3
1. Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk;
2. om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys.
3. Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ‘n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.
4. Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het—
5. nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees
6. wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;
7. sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.
8. Dit is ‘n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; dít is wat goed en nuttig is vir die mense.
9. Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos.
10. Aan ‘n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning,
11. wetende dat so iemand op ‘n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.
12. Wanneer ek Artemas of Tíchikus na jou stuur, doen dan jou bes om na my te kom in Nikópolis, want ek het besluit om daar te oorwinter.
13. Jy moet Senas, die wetgeleerde, en Apollos ywerig voorthelp, sodat dit hulle aan niks ontbreek nie.
14. Ons mense moet ook leer om vir die noodsaaklike behoeftes goeie werke voor te staan, sodat hulle nie onvrugbaar mag wees nie.
15. Almal wat saam met my is, groet jou. Groet die wat vir ons liefhet in die geloof. Die genade sy met julle almal! Amen.
About Titus Chapter 3
Read Titus Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Titus in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Titus
Chapter: 3
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Titus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Titus Chapter 3 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Titus Chapter 3?
Titus Chapter 3 is part of the Book of Titus in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Titus Chapter 3 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Nuwe Testament
- Johannes Chapter 1
- Johannes Chapter 5
- Johannes Chapter 15
- Johannes Chapter 13
- Johannes Chapter 3
- Johannes Chapter 2
- Johannes Chapter 14
Explore More from titus
- Titus Chapter 3
- Titus Chapter 1
- Titus Chapter 3
- Titus Chapter 3
- Titus Chapter 1
- Titus Chapter 2
- Titus Chapter 3