Johannes Chapter 21

For English

Read Johannes Chapter 21 Online

Read Johannes Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Johannes in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Johannes and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Johannes 21

Hoofstuk 21

1. Na hierdie dinge het Jesus weer aan sy dissipels verskyn by die see van Tibérias, en Hy het só verskyn:

2. Daar was bymekaar Simon Petrus en Thomas wat Dídimus genoem word, en Natánael van Kana in Galiléa en die seuns van Sebedéüs en twee ander van sy dissipels.

3. Simon Petrus sê vir hulle: Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan ook saam met jou. En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim, en in daardie nag het hulle niks gevang nie.

4. En toe dit al dag geword het, staan Jesus op die strand; maar die dissipels het nie geweet dat dit Jesus was nie.

5. En Jesus sê vir hulle: My kinders, het julle nie iets om te eet nie? Hulle antwoord Hom: Nee.

6. En Hy sê vir hulle: Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie.

7. Daarop sê die dissipel—die een vir wie Jesus liefgehad het—aan Petrus: Dit is die Here! En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy sy bo-kleed om—want hy was naak—en werp homself in die see.

8. Maar die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep; want hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent twee honderd el.

9. En toe hulle geland het, sien hulle ‘n koolvuur op die grond en vis daarop lê, en brood.

10. Jesus sê vir hulle: Bring van die visse wat julle nou gevang het.

11. Simon Petrus het in die skuit geklim en die net op die land getrek, vol groot visse, honderd drie en vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.

12. Jesus sê vir hulle: Kom eet! En niemand van die dissipels het gewaag om Hom te vra: Wie is U nie? omdat hulle wis dat dit die Here was.

13. En Jesus het gekom en die brood geneem en dit aan hulle gegee, en so ook die vis.

14. Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy opgestaan het uit die dode.

15. Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei.

16. Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op.

17. Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.

18. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en ‘n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie.

19. En dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou verheerlik; en toe Hy dit gespreek het, sê Hy vir hom: Volg My.

20. En Petrus het hom omgedraai en die dissipel sien volg vir wie Jesus liefgehad het, die een wat by die maaltyd op sy bors geval en gesê het: Here, wie is u verraaier?

21. Toe Petrus hom sien, vra hy vir Jesus: Here, maar wat van hom?

22. Jesus antwoord hom: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? Volg jy My.

23. Hierdie woord het toe onder die broeders uitgegaan dat daardie dissipel nie sou sterwe nie; en Jesus het nie vir hom gesê dat hy nie sou sterwe nie, maar: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan?

24. Dit is daardie dissipel wat van hierdie dinge getuig en hierdie dinge geskryf het, en ons weet dat sy getuienis waar is.

25. En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie. Amen.

About Johannes Chapter 21

Read Johannes Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Johannes in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Johannes
Chapter: 21
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Johannes. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Johannes Chapter 21 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Johannes Chapter 21?

Johannes Chapter 21 is part of the Book of Johannes in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Johannes Chapter 21 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Johannes

  1. Johannes Chapter 1
  2. Johannes Chapter 15
  3. Johannes Chapter 13
  4. Johannes Chapter 14
  5. Johannes Chapter 2
  6. Johannes Chapter 8
  7. Johannes Chapter 7

Explore More from Nuwe Testament

  1. 2 Johannes Chapter 1
  2. Handelinge Chapter 14
  3. Kolossense Chapter 2
  4. 1 Timoteus Chapter 3
  5. Handelinge Chapter 8
  6. 1 Johannes Chapter 5
  7. Lukas Chapter 11

Related Chapters & Readings

  1. Jesaja Chapter 15
  2. Openbaring Chapter 9
  3. Obadja Chapter 1
  4. Josua Chapter 5
  5. Jeremia Chapter 30
  6. 2 Korintiërs Chapter 2
  7. Psalms Chapter 23
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *