Romeine Chapter 14

For English

Read Romeine Chapter 14 Online

Read Romeine Chapter 14 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Romeine in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Romeine and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Romeine 14

Hoofstuk 14

1. En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.

2. Die een glo dat ‘n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente.

3. Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.

4. Wie is jy wat die huiskneg van ‘n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.

5. Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.

6. Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.

7. Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie.

8. Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

9. Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers.

10. Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.

11. Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.

12. So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.

13. Laat ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dít liewer, om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.

14. Ek weet en is oortuig in die Here Jesus dat niks op sigself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein.

15. Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie.

16. Laat dan van die goeie wat aan julle behoort, nie kwaad gespreek word nie.

17. Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

18. Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.

19. Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien.

20. Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ‘n mens om te eet as dit tot aanstoot is.

21. Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of iets te doen waardeur jou broeder aanstoot neem of struikel, of waarin hy swak is nie.

22. Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie.

23. Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.

About Romeine Chapter 14

Read Romeine Chapter 14 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Romeine in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Romeine
Chapter: 14
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Romeine. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Romeine Chapter 14 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Romeine Chapter 14?

Romeine Chapter 14 is part of the Book of Romeine in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Romeine Chapter 14 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Nuwe Testament

  1. Johannes Chapter 1
  2. Johannes Chapter 15
  3. Johannes Chapter 13
  4. Johannes Chapter 14
  5. Johannes Chapter 8
  6. Johannes Chapter 7
  7. Johannes Chapter 2

Explore More from romeine

  1. Romeine Chapter 9
  2. Romeine Chapter 13
  3. Romeine Chapter 1
  4. Romeine Chapter 8
  5. Romeine Chapter 7
  6. Romeine Chapter 12
  7. Romeine Chapter 6

Related Chapters & Readings

  1. Amos Chapter 5
  2. 1 Konings Chapter 20
  3. Genesis Chapter 9
  4. Openbaring Chapter 1
  5. Psalms Chapter 90
  6. Markus Chapter 15
  7. Jeremia Chapter 17
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *