Romeine Chapter 11

For English

Read Romeine Chapter 11 Online

Read Romeine Chapter 11 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Romeine in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Romeine and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Romeine 11

Hoofstuk 11

1. Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin.

2. God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê:

3. Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe!

4. Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie.

5. Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.

6. En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.

7. Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard.

8. Soos geskrywe is: God het hulle gegee ‘n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.

9. En Dawid sê: Laat hulle tafel vir hulle wees ‘n vangnet en ‘n strik en ‘n struikelblok en ‘n vergelding.

10. Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom.

11. Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak.

12. En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie!

13. Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek ‘n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening

14. as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!

15. Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?

16. En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.

17. En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ‘n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,

18. moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.

19. Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.

20. Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.

21. Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.

22. Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.

23. Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.

24. Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?

25. Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;

26. en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;

27. en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.

28. Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.

29. Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.

30. Want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou barmhartigheid ontvang het deur hulle ongehoorsaamheid,

31. so het hulle ook nou ongehoorsaam geword deur die barmhartigheid aan julle, sodat hulle ook barmhartigheid kan ontvang.

32. Want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees.

33. o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!

34. Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?

35. Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?

36. Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

About Romeine Chapter 11

Read Romeine Chapter 11 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Romeine in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Romeine
Chapter: 11
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Romeine. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Romeine Chapter 11 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Romeine Chapter 11?

Romeine Chapter 11 is part of the Book of Romeine in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Romeine Chapter 11 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Nuwe Testament

  1. Johannes Chapter 1
  2. Johannes Chapter 13
  3. Johannes Chapter 15
  4. Johannes Chapter 14
  5. Johannes Chapter 5
  6. Johannes Chapter 2
  7. Johannes Chapter 12

Explore More from romeine

  1. Romeine Chapter 7
  2. Romeine Chapter 9
  3. Romeine Chapter 4
  4. Romeine Chapter 2
  5. Romeine Chapter 8
  6. Romeine Chapter 15
  7. Romeine Chapter 6

Related Chapters & Readings

  1. Matteus Chapter 17
  2. Deuteronomium Chapter 34
  3. 1 Konings Chapter 4
  4. 2 Kronieke Chapter 6
  5. Psalms Chapter 57
  6. Deuteronomium Chapter 1
  7. Lukas Chapter 24
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *