Romeine Chapter 7

For English

Read Romeine Chapter 7 Online

Read Romeine Chapter 7 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Romeine in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Romeine and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

A+ A A-

Romeine 7

Hoofstuk 7

1. Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?

2. Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.

3. Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.

4. So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.

5. Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.

6. Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.

7. Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

8. Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.

9. En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.

10. En die gebod wat die lewe moes wees, dié het vir my geblyk die dood te wees.

11. Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood.

12. Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.

13. Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word.

14. Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.

15. Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.

16. En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is.

17. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.

18. Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.

19. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.

20. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.

21. Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.

22. Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens;

23. maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.

24. Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?

25. Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! (7:26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.

About Romeine Chapter 7

Read Romeine Chapter 7 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Romeine in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Romeine
Chapter: 7
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Romeine. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Romeine Chapter 7 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Romeine Chapter 7?

Romeine Chapter 7 is part of the Book of Romeine in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Romeine Chapter 7 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Nuwe Testament

  1. Johannes Chapter 1
  2. Johannes Chapter 5
  3. Johannes Chapter 15
  4. Johannes Chapter 13
  5. Johannes Chapter 3
  6. Johannes Chapter 2
  7. Johannes Chapter 14

Explore More from romeine

  1. Romeine Chapter 2
  2. Romeine Chapter 8
  3. Romeine Chapter 13
  4. Romeine Chapter 4
  5. Romeine Chapter 15
  6. Romeine Chapter 10
  7. Romeine Chapter 12

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 120
  2. 2 Tessalonisense Chapter 1
  3. Levitikus Chapter 24
  4. 2 Kronieke Chapter 17
  5. Psalms Chapter 126
  6. Esegiël Chapter 23
  7. Sagaria Chapter 14
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *