Romeine Chapter 12

For English

Read Romeine Chapter 12 Online

Read Romeine Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Romeine in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Romeine and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Romeine 12

Hoofstuk 12

1. Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.

2. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

3. Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

4. Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,

5. so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

6. En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:

7. is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering;

8. of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ‘n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.

9. Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;

10. wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;

11. wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;

12. verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.

13. Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;

14. seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie;

15. wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween;

16. wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;

17. vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense;

18. as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

19. Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.

20. As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.

21. Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

About Romeine Chapter 12

Read Romeine Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Romeine in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Romeine
Chapter: 12
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Romeine. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Romeine Chapter 12 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Romeine Chapter 12?

Romeine Chapter 12 is part of the Book of Romeine in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Romeine Chapter 12 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Nuwe Testament

  1. Johannes Chapter 1
  2. Johannes Chapter 15
  3. Johannes Chapter 13
  4. Johannes Chapter 14
  5. Johannes Chapter 8
  6. Johannes Chapter 7
  7. Johannes Chapter 2

Explore More from romeine

  1. Romeine Chapter 15
  2. Romeine Chapter 10
  3. Romeine Chapter 7
  4. Romeine Chapter 16
  5. Romeine Chapter 13
  6. Romeine Chapter 4
  7. Romeine Chapter 14

Related Chapters & Readings

  1. Nahum Chapter 3
  2. Jona Chapter 2
  3. Jona Chapter 1
  4. Psalms Chapter 1
  5. Obadja Chapter 1
  6. Jeremia Chapter 41
  7. Romeine Chapter 8
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *