Romeine Chapter 13

For English

Read Romeine Chapter 13 Online

Read Romeine Chapter 13 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Romeine in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Romeine and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Romeine 13

Hoofstuk 13

1. Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,

2. sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.

3. Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang;

4. want hy is ‘n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ‘n dienaar van God, ‘n wreker om die een wat kwaad doen, te straf.

5. Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.

6. Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is.

7. Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.

8. Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.

9. Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

10. Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.

11. En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.

12. Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.

13. Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.

14. Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

About Romeine Chapter 13

Read Romeine Chapter 13 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Romeine in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Romeine
Chapter: 13
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Romeine. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Romeine Chapter 13 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Romeine Chapter 13?

Romeine Chapter 13 is part of the Book of Romeine in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Romeine Chapter 13 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Nuwe Testament

  1. Johannes Chapter 1
  2. Johannes Chapter 13
  3. Johannes Chapter 15
  4. Johannes Chapter 14
  5. Johannes Chapter 8
  6. Johannes Chapter 5
  7. Johannes Chapter 2

Explore More from romeine

  1. Romeine Chapter 2
  2. Romeine Chapter 16
  3. Romeine Chapter 12
  4. Romeine Chapter 8
  5. Romeine Chapter 6
  6. Romeine Chapter 11
  7. Romeine Chapter 4

Related Chapters & Readings

  1. Numeri Chapter 23
  2. 1 Konings Chapter 10
  3. Judas Chapter 1
  4. Jeremia Chapter 6
  5. 1 Kronieke Chapter 29
  6. Markus Chapter 1
  7. Genesis Chapter 49
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *