Read Nahum Chapter 3 Online
Read Nahum Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Nahum in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Nahum and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Nahum 3
Hoofstuk 3
1. Wee die bloedstad wat louter bedrog, vol geweld is, terwyl rowery nie ophou nie!
2. Hoor, die sweep! En hoor, die gedreun van wiele! En perde wat jaag, en waens wat stamp!
3. Ruiters op ‘n galop en geglinster van swaarde en geblits van spiese! En ‘n menigte wat verslaan is, en hope dooies en geen einde aan die lyke nie—’n mens struikel oor hulle lyke!
4. Weens die veelheid van die hoererye van die hoer vol bevalligheid, ‘n meesteres in towerkunste, wat nasies met haar hoererye verkoop het en volkstamme met haar towerkunste.
5. Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal jou slippe optel oor jou aangesig en nasies jou naaktheid laat sien en koninkryke jou skande.
6. En Ek sal vuilgoed op jou gooi en jou aan minagting prysgee en van jou ‘n skouspel maak,
7. sodat elkeen wat jou sien, van jou af sal wegvlug en sê: Verwoes is Ninevé! Wie sal met haar medelyde hê? Waar sal ek troosters vir jou gaan soek?
8. Is jy beter as No-Amon wat gelê het aan die Nylstrome, met waters rondom hom; wie se voorskans die groot water was, waters sy muur?
9. Kus was sy krag en Egiptenaars sonder getal, Putéërs en Líbiërs was jou tot hulp.
10. Nogtans het dit as gevangene in ballingskap gegaan; nogtans is sy kinders by al die straathoeke verpletter, en oor sy edeles is die lot gewerp, en al sy groot manne is met kettings geboei.
11. Ook jy sal dronk word, beneweld wees, ook jy sal ‘n toevlug soek teen die vyand.
12. Al jou vestings is vyebome met voorvye: as ‘n mens skud, val hulle in die mond van die eter.
13. Kyk, jou volk binne-in jou is soos vroue, die poorte van jou land is wyd oopgemaak vir jou vyande, die vuur het jou grendels verteer.
14. Skep vir jou water vir die beleëring, versterk jou vestings, gaan in die modder en trap klei, gryp die steenvorm.
15. Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou uitroei, jou verslind net soos voetgangersprinkane. Al vermenigvuldig jy soos voetgangers, al vermenigvuldig jy soos treksprinkane;
16. al het jy jou koopmans meer gemaak as die sterre aan die hemel—die voetgangers vervel en vlieg weg!
17. Jou wagters is soos treksprinkane, en jou amptenare is soos swerms sprinkane wat op ‘n koue dag op die heining sit—die son breek deur, en hulle vlieg weg, en niemand weet waar hulle beland het nie.
18. Jou herders sluimer, o koning van Assur, jou edeles lê daar, jou volk is op die berge verstrooi, en niemand versamel hulle nie.
19. Daar is geen herstel vir jou verbreking nie; jou wond is ongeneeslik; almal wat die tyding omtrent jou verneem, slaan hulle hande saam oor jou; want oor wie het jou boosheid nie voortdurend heengegaan nie?
About Nahum Chapter 3
Read Nahum Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Nahum in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Nahum
Chapter: 3
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Nahum. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Nahum Chapter 3 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Nahum Chapter 3?
Nahum Chapter 3 is part of the Book of Nahum in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Nahum Chapter 3 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Nahum
- Nahum Chapter 3
- Nahúm Chapter 3
- Nahum Chapter 3
- Nahum Chapter 3
- Nahum Chapter 1
- Nahum Chapter 2
- Nahum Chapter 3
Explore More from Ou Testament
- Spreuke Chapter 3
- Jesaja Chapter 50
- Spreuke Chapter 25
- Eksodus Chapter 37
- Job Chapter 40
- Esegiël Chapter 2
- Psalms Chapter 36