Read Psalms Chapter 73 Online
Read Psalms Chapter 73 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Psalms 73
Hoofstuk 73
1. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.
2. Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.
3. Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.
4. Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam.
5. In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam met ander mense word hulle nie geplaag nie.
6. Daarom is die trots om hulle soos ‘n halssieraad, die geweld bedek hulle soos ‘n gewaad.
7. Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor.
8. Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking; hulle spreek uit die hoogte.
9. Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde.
10. Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp.
11. En hulle sê: Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?
12. Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!
13. Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.
14. Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre.
15. As ek gesê het: Ek wil óók so spreek—dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders!
16. Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë,
17. totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.
18. Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.
19. Hoe word hulle in ‘n oomblik ‘n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!
20. Soos ‘n droom nadat ‘n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!
21. Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,
22. toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was ‘n dier by U.
23. Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.
24. U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.
25. Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.
26. Al beswyk my vlees en my hart—God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.
27. Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer.
28. Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.
About Psalms Chapter 73
Read Psalms Chapter 73 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Psalms
Chapter: 73
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Psalms Chapter 73 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Psalms Chapter 73?
Psalms Chapter 73 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Psalms Chapter 73 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 4
- Jesaja Chapter 3
- Jesaja Chapter 28
- Jesaja Chapter 25
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 2
Explore More from Psalms
- Psalms Chapter 135
- Psalms Chapter 5
- Psalms Chapter 120
- Psalms Chapter 145
- Psalms Chapter 106
- Psalms Chapter 132
- Psalms Chapter 15