Read Psalms Chapter 88 Online
Read Psalms Chapter 88 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Psalms 88
Hoofstuk 88
1. HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.
2. (88:3) Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.
3. (88:4) Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.
4. (88:5) Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos ‘n man sonder krag,
5. (88:6) vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.
6. (88:7) U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.
7. (88:8) U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela.
8. (88:9) U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.
9. (88:10) My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.
10. (88:11) Kan U aan die dooies ‘n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.
11. (88:12) Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?
12. (88:13) Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?
13. (88:14) Maar ék, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.
14. (88:15) HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?
15. (88:16) Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.
16. (88:17) U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;
17. (88:18) die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my.
18. (88:19) U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis.
About Psalms Chapter 88
Read Psalms Chapter 88 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Psalms
Chapter: 88
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Psalms Chapter 88 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Psalms Chapter 88?
Psalms Chapter 88 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Psalms Chapter 88 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 4
- Jesaja Chapter 3
- Jesaja Chapter 28
- Jesaja Chapter 25
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 2
Explore More from Psalms
- Psalms Chapter 129
- Psalms Chapter 86
- Psalms Chapter 42
- Psalms Chapter 11
- Psalms Chapter 102
- Psalms Chapter 96
- Psalms Chapter 70