Psalms Chapter 139

For English

Read Psalms Chapter 139 Online

Read Psalms Chapter 139 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Psalms 139

Hoofstuk 139

1. HERE, U deurgrond en ken my.

2. U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.

3. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.

4. Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, HERE, U ken dit geheel en al.

5. U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.

6. Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.

7. Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?

8. Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!

9. Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,

10. ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

11. En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,

12. dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.

13. Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.

14. Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

15. My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.

16. U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

17. Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!

18. Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.

19. o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!

20. Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef—u teëstanders!

21. HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ‘n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?

22. Ek haat hulle met ‘n volkome haat; vyande is hulle vir my!

23. Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;

24. en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

About Psalms Chapter 139

Read Psalms Chapter 139 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Psalms
Chapter: 139
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Psalms Chapter 139 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Psalms Chapter 139?

Psalms Chapter 139 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Psalms Chapter 139 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 4
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 1
  5. Jesaja Chapter 14
  6. Jesaja Chapter 12
  7. Jesaja Chapter 7

Explore More from Psalms

  1. Psalms Chapter 29
  2. Psalms Chapter 42
  3. Psalms Chapter 55
  4. Psalms Chapter 132
  5. Psalms Chapter 122
  6. Psalms Chapter 33
  7. Psalms Chapter 57

Related Chapters & Readings

  1. Hebreërs Chapter 13
  2. Eksodus Chapter 29
  3. Titus Chapter 1
  4. Psalms Chapter 26
  5. 2 Konings Chapter 23
  6. Psalms Chapter 66
  7. Joël Chapter 2
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *