Sagaria Chapter 9

For English

Read Sagaria Chapter 9 Online

Read Sagaria Chapter 9 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Sagaria in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Sagaria and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Sagaria 9

Hoofstuk 9

1. Godspraak. Die woord van die HERE teen die land Hadrag, en op Damaskus bly dit rus—want die HERE hou die oog op die mense en op al die stamme van Israel.

2. En ook teen Hamat wat daaraan grens; teen Tirus saam met Sidon, want hy is baie slim.

3. Ja, Tirus het vir hom ‘n vesting gebou; ook het hy silwer opgehoop soos stof en goud soos modder van die strate.

4. Kyk, die Here sal hom in besit neem en sy skans in die see werp, en hy sal deur vuur verteer word.

5. Askelon sal dit sien en vrees; ook Gasa, wat sal sidder van angs; ook Ekron, omdat sy toeverlaat teleurgestel het; en uit Gasa verdwyn die koning, en Askelon bly onbewoond;

6. en die baster sal in Asdod woon—so sal Ek dan aan die trotsheid van die Filistyn ‘n einde maak—

7. en Ek sal die bloed uit sy mond verwyder en sy verfoeisels tussen sy tande uit; so sal hy dan ook vir onse God oorbly en wees soos ‘n stamhoof in Juda, en Ekron soos ‘n Jebusiet.

8. En Ek sal om my huis ‘n laer trek teen die leërmag, teen die wat heen en weer trek, sodat geen oorheerser hulle weer sal oorrompel nie; want nou het Ek dit met my eie oë gesien.

9. Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel—op ‘n jong esel, die vul van ‘n eselin.

10. En Ek sal die strydwaens uit Efraim en die perde uit Jerusalem uitroei, en die strydboog sal vernietig word. Dan sal Hy aan die nasies vrede verkondig, en sy heerskappy sal wees van see tot see, en van die Eufraat tot aan die eindes van die aarde.

11. Ook sal Ek, wat jou betref, o Sion, kragtens die bloed van jou verbond jou gevangenes loslaat uit die put sonder water.

12. Keer terug na die vesting, o hoopvolle gevangenes! Ook kondig Ek vandag aan dat Ek jou dubbel sal vergoed.

13. Want Ek span Juda vir My as boog, lê Efraim as pyl daarop; en Ek vuur jou seuns, o Sion, aan teen jou seuns, o Jawan, en Ek maak jou soos die swaard van ‘n held.

14. Dan sal die HERE oor hulle verskyn, en soos weerlig sal sy pyl uitskiet; en die Here HERE sal met die basuin blaas en intrek met die storms uit die suide.

15. Die HERE van die leërskare sal hulle beskut; en hulle sal verslind, ja, slingerstene vertrap; ook sal hulle drink, ‘n gedruis maak soos deur wyn en vol wees soos die offerkomme, soos die hoeke van ‘n altaar.

16. En die HERE hulle God sal hulle in dié dag verlos as die kudde wat sy volk is; want hulle is kroongesteentes wat hulle skitterend verhef oor sy land.

17. Want hoe groot is hulle voortreflikheid, en hoe groot hulle skoonheid! Die koring laat jongmanne en die mos jongedogters groei.

About Sagaria Chapter 9

Read Sagaria Chapter 9 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Sagaria in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Sagaria
Chapter: 9
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Sagaria. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Sagaria Chapter 9 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Sagaria Chapter 9?

Sagaria Chapter 9 is part of the Book of Sagaria in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Sagaria Chapter 9 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Numeri Chapter 1
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 3
  5. Jesaja Chapter 14
  6. Jesaja Chapter 12
  7. Jesaja Chapter 1

Explore More from sagaria

  1. Sagaria Chapter 12
  2. Sagaria Chapter 8
  3. Sagaria Chapter 2
  4. Sagaria Chapter 13
  5. Sagaria Chapter 11
  6. Sagaria Chapter 3
  7. Sagaria Chapter 1

Related Chapters & Readings

  1. Johannes Chapter 4
  2. Psalms Chapter 111
  3. Kolossense Chapter 1
  4. Miga Chapter 7
  5. Romeine Chapter 15
  6. Jesaja Chapter 36
  7. 2 Konings Chapter 11
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *