Psalms Chapter 103

For English

Read Psalms Chapter 103 Online

Read Psalms Chapter 103 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Psalms 103

Hoofstuk 103

1. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!

2. Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!

3. Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,

4. wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,

5. wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend.

6. Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.

7. Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.

8. Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.

9. Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.

10. Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.

11. Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.

12. So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

13. Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.

14. Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.

15. Die mens—soos die gras is sy dae; soos ‘n blom van die veld, so bloei hy.

16. As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.

17. Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders,

18. vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen.

19. Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.

20. Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!

21. Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!

22. Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel!

About Psalms Chapter 103

Read Psalms Chapter 103 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Psalms
Chapter: 103
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Psalms Chapter 103 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Psalms Chapter 103?

Psalms Chapter 103 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Psalms Chapter 103 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 2
  3. Jesaja Chapter 1
  4. Jesaja Chapter 14
  5. Jesaja Chapter 12
  6. Jesaja Chapter 9
  7. Jesaja Chapter 3

Explore More from Psalms

  1. Psalms Chapter 125
  2. Psalms Chapter 38
  3. Psalms Chapter 107
  4. Psalms Chapter 120
  5. Psalms Chapter 59
  6. Psalms Chapter 115
  7. Psalms Chapter 25

Related Chapters & Readings

  1. Rigters Chapter 16
  2. Sagaria Chapter 8
  3. Joël Chapter 1
  4. Openbaring Chapter 6
  5. 1 Konings Chapter 9
  6. Eksodus Chapter 16
  7. Psalms Chapter 57
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *