Levitikus Chapter 24

For English

Read Levitikus Chapter 24 Online

Read Levitikus Chapter 24 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Levitikus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Levitikus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Levitikus 24

Hoofstuk 24

1. En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

2. Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om gedurigdeur ‘n brandende lamp te hê.

3. Aäron moet dit buitekant die voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte.

4. Hy moet op die rein kandelaar die lampe regmaak om te brand voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur.

5. Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee tiendes van ‘n efa moet elke koek wees;

6. en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in ‘n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van die HERE.

7. En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan die HERE.

8. Op elke sabbatdag moet hy dit gedurigdeur voor die aangesig van die HERE regsit, van die kant van die kinders van Israel as ‘n ewige insetting.

9. En dit moet aan Aäron en sy seuns toekom: hulle moet dit in ‘n heilige plek eet; want as iets hoogheiligs behoort dit aan hom uit die vuuroffers van die HERE ‘n ewige insetting.

10. En die seun van ‘n Israelitiese vrou maar hy was die seun van ‘n Egiptiese man het uitgegaan tussen die kinders van Israel in; en die seun van die Israelitiese vrou en ‘n Israelitiese man het met mekaar geveg in die laer.

11. Toe het die seun van die Israelitiese vrou die NAAM gelaster en gevloek. Daarom het hulle hom na Moses gebring. En die naam van sy moeder was Sélomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.

12. En hulle het hom in die gevangenis gesit, dat hulle ‘n beslissing kon verkry volgens die uitspraak van die HERE.

13. En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

14. Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat dit gehoor het, moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele vergadering hom stenig.

15. En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy God vloek, sal hy sy sonde dra.

16. En wie die Naam van die HERE laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land as hy die NAAM laster, moet hy gedood word.

17. En as iemand enige mens doodslaan, moet hy sekerlik gedood word.

18. Maar hy wat ‘n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; lewe vir lewe.

19. En as iemand aan sy naaste ‘n liggaamsgebrek toebring soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word:

20. breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand dieselfde liggaamsgebrek wat hy aan ‘n mens toebring, moet ook aan hom toegebring word.

21. Hy dan wat ‘n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; maar hy wat ‘n mens doodslaan, moet gedood word.

22. Net een wet moet daar vir julle wees die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is die HERE julle God.

23. Moses het toe met die kinders van Israel gespreek, en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van Israel het gedoen soos die HERE Moses beveel het.

About Levitikus Chapter 24

Read Levitikus Chapter 24 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Levitikus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Levitikus
Chapter: 24
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Levitikus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Levitikus Chapter 24 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Levitikus Chapter 24?

Levitikus Chapter 24 is part of the Book of Levitikus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Levitikus Chapter 24 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Levitikus

  1. Levitikus Chapter 19
  2. Levitikus Chapter 6
  3. Levitikus Chapter 1
  4. Levitikus Chapter 12
  5. Levitikus Chapter 8
  6. Levitikus Chapter 5
  7. Levitikus Chapter 3

Explore More from Ou Testament

  1. Deuteronomium Chapter 4
  2. Levitikus Chapter 17
  3. Psalms Chapter 109
  4. Maleagi Chapter 3
  5. 1 Samuel Chapter 27
  6. Psalms Chapter 76
  7. Eksodus Chapter 14

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 104
  2. Jeremia Chapter 20
  3. Psalms Chapter 59
  4. Jesaja Chapter 25
  5. 2 Samuel Chapter 1
  6. Lukas Chapter 3
  7. Genesis Chapter 4
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *