Read Openbaring Chapter 7 Online
Read Openbaring Chapter 7 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Openbaring in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Openbaring and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Openbaring 7
Hoofstuk 7
1. En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.
2. En ek het ‘n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met ‘n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig
3. en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.
4. En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel
5. uit die stam van Juda twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Gad twaalf duisend verseëldes;
6. uit die stam van Aser twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Náftali twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Manasse twaalf duisend verseëldes;
7. uit die stam van Símeon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Levi twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Issaskar twaalf duisend verseëldes;
8. uit die stam van Sébulon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Josef twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Benjamin twaalf duisend verseëldes.
9. Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
10. en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!
11. En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid en gesê:
12. Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen.
13. Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
14. En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.
15. Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan.
16. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie;
17. want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.
About Openbaring Chapter 7
Read Openbaring Chapter 7 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Openbaring in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Openbaring
Chapter: 7
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Openbaring. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Openbaring Chapter 7 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Openbaring Chapter 7?
Openbaring Chapter 7 is part of the Book of Openbaring in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Openbaring Chapter 7 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Nuwe Testament
- Johannes Chapter 1
- Johannes Chapter 5
- Johannes Chapter 15
- Johannes Chapter 13
- Johannes Chapter 3
- Johannes Chapter 2
- Johannes Chapter 14
Explore More from Openbaring
- Openbaring Chapter 2
- Openbaring Chapter 19
- Openbaring Chapter 9
- Openbaring Chapter 18
- Openbaring Chapter 11
- Openbaring Chapter 10
- Openbaring Chapter 9