Read Filippense Chapter 4 Online
Read Filippense Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Filippense in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Filippense and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Filippense 4
Hoofstuk 4
1. Daarom, my geliefde broeders, na wie ek ook verlang, my blydskap en kroon, staan so vas in die Here, geliefdes.
2. Ek vermaan Euódia en ek vermaan Síntiché om eensgesind te wees in die Here.
3. En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name in die boek van die lewe is.
4. Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
5. Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
6. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
7. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
8. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
9. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
10. Ek het my grootliks verbly in die Here dat julle nou eindelik weer opgeleef het om aan my belange te dink; waaraan julle ook gedink het, maar julle het die geleentheid nie gehad nie.
11. Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.
12. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.
13. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
14. Nogtans het julle goed gedoen toe julle deel gehad het in my verdrukking.
15. En julle, Filippense, weet ook dat in die begin van die evangelie, toe ek van Macedónië vertrek het, geen gemeente deel gehad het in my rekening van uitgawe en inkomste nie, behalwe julle alleen.
16. Want ook in Thessaloníka het julle vir my behoefte meer as een maal iets gestuur.
17. Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat oorvloedig word op julle rekening.
18. Maar ek het alles ontvang, en ek het oorvloed. Ek het dit volop noudat ek van Epafrodítus ontvang het wat deur julle gestuur is, ‘n lieflike geur, ‘n welgevallige offer, welbehaaglik by God.
19. En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
20. Aan onse God en Vader die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
21. Groet elke heilige in Christus Jesus. Die broeders wat saam met my is, groet julle.
22. Al die heiliges, en veral die wat aan die keiserlike huis behoort, groet julle.
23. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
About Filippense Chapter 4
Read Filippense Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Filippense in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Filippense
Chapter: 4
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Filippense. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Filippense Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Filippense Chapter 4?
Filippense Chapter 4 is part of the Book of Filippense in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Filippense Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Filippense
Explore More from Nuwe Testament
- Matteus Chapter 1
- Lukas Chapter 14
- Openbaring Chapter 13
- 1 Korintiërs Chapter 7
- 2 Korintiërs Chapter 6
- Matteus Chapter 11
- Lukas Chapter 23