1 Samuel Chapter 23

For English

Read 1 Samuel Chapter 23 Online

Read 1 Samuel Chapter 23 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Samuel in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Samuel and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Samuel 23

Hoofstuk 23

1. Intussen is aan Dawid meegedeel en gesê: Kyk, die Filistyne veg teen Kehíla, en hulle plunder die dorsvloere.

2. Toe raadpleeg Dawid die HERE en vra: Sal ek gaan en daardie Filistyne verslaan? En die HERE sê vir Dawid: Gaan en verslaan die Filistyne en verlos Kehíla.

3. Maar die manne van Dawid sê vir hom: Kyk, hier in Juda is ons al bevrees, hoeveel te meer dan as ons na Kehíla trek teen die slagordes van die Filistyne?

4. Toe raadpleeg Dawid die HERE nog weer, en die HERE het hom geantwoord en gesê: Maak klaar, trek af na Kehíla, want Ek gee die Filistyne in jou hand.

5. Daarom het Dawid met sy manne na Kehíla getrek en teen die Filistyne geveg en hulle vee weggedrywe en ‘n groot slag onder hulle geslaan. So het Dawid dan die inwoners van Kehíla verlos.

6. (By die vlug van Abjatar, die seun van Ahiméleg, na Dawid, het hy na Kehíla afgekom met die skouerkleed by hom.)

7. Daarop kry Saul berig dat Dawid in Kehíla gekom het, en Saul sê: God het hom in my hand oorgelewer, want hy het homself opgesluit deurdat hy in ‘n stad met poorte en grendels ingegaan het.

8. Daarom het Saul al die manskappe vir die geveg opgeroep om af te trek na Kehíla ten einde Dawid en sy manne in te sluit.

9. Toe Dawid gewaar dat Saul onheil teen hom beraam, sê hy aan die priester Abjatar: Bring die skouerkleed nader.

10. En Dawid sê: HERE, God van Israel, u kneg het verseker gehoor dat Saul na Kehíla wil trek om die stad om my ontwil te verwoes.

11. Sal die burgers van Kehíla my in sy hand uitlewer? Sal Saul afkom soos u kneg verneem het? HERE, God van Israel, gee u kneg dit tog te kenne! Toe antwoord die HERE: Hy sal afkom.

12. Daarop sê Dawid: Sal die burgers van Kehíla my en my manne in die hand van Saul uitlewer? En die HERE antwoord: Hulle sal uitlewer.

13. En Dawid het klaargemaak met sy manne, omtrent ses honderd man—hulle het uit Kehíla uitgetrek en rondgetrek waar hulle maar kon. Toe Saul berig ontvang dat Dawid uit Kehíla ontsnap het, het hy opgehou om uit te trek.

14. En Dawid het gebly in die woestyn, in die bergvestings, ook op die gebergte in die woestyn Sif; en Saul het hom aldae gesoek, maar God het hom nie in sy hand oorgegee nie.

15. Maar Dawid het bemerk dat Saul uittrek om sy lewe te soek. Dawid was naamlik in die woestyn Sif, in Hores.

16. Daarop het Jónatan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in God

17. en vir hom gesê: Vrees nie, want die hand van Saul, my vader, sal jou nie vind nie, maar jy sal koning word oor Israel, en ek sal die tweede onder jou wees; en my vader Saul weet dit ook goed.

18. Toe sluit hulle twee ‘n verbond voor die aangesig van die HERE; en Dawid het in Hores gebly, maar Jónatan het na sy huis gegaan.

19. Daarna het daar Sifiete opgegaan na Saul, na Gíbea, en gesê: Steek Dawid hom nie weg by ons in die bergvestings, in Hores, op die heuwel Hagíla wat suid van die wildernis lê nie?

20. En is dit nou na u hartelus om af te kom, o koning, kom dan af, en ons sal sorg om hom in die hand van die koning uit te lewer.

21. En Saul sê: Mag julle geseënd wees deur die HERE, omdat julle medelyde met my gehad het.

22. Gaan tog heen, maak verder klaar en ondersoek en bekyk die plek waar sy spoor is, wie hom daar gesien het; want aan my is gesê dat hy baie listig is.

23. Daarom, bekyk en ondersoek al die skuilplekke waar hy hom wegsteek, en kom verseker na my terug, dan sal ek met julle saamgaan; en as hy in die land is, sal ek hom opspoor onder al die geslagte van Juda.

24. En hulle het klaargemaak en voor Saul uit na Sif gegaan, terwyl Dawid en sy manne in die woestyn Maon was, in die Vlakte suid van die wildernis.

25. Toe Saul met sy manne trek om hom te soek, is dit aan Dawid geboodskap; daarom het hy afgetrek na die rots en in die woestyn Maon gebly. Maar Saul het dit gehoor en Dawid agternagejaag, die woestyn Maon in.

26. En Saul het aan hierdie kant van die berg getrek, maar Dawid met sy manne was aan die ander kant van die berg. En toe Dawid in angs vlug om van Saul weg te kom, terwyl Saul en sy manne Dawid en sy manne omsingel om hulle te vang,

27. kom daar ‘n boodskapper by Saul en sê: Maak gou en kom, want die Filistyne het ‘n inval in die land gedoen.

28. Daarop het Saul omgedraai en Dawid nie meer agternagejaag nie, maar die Filistyne tegemoetgetrek. Daarom noem hulle daardie plek Rots van Skeiding.

29. (24:1) En daarvandaan het Dawid opgetrek en in die bergvestings van Éngedi gebly.

About 1 Samuel Chapter 23

Read 1 Samuel Chapter 23 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Samuel in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Samuel
Chapter: 23
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Samuel. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Samuel Chapter 23 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Samuel Chapter 23?

1 Samuel Chapter 23 is part of the Book of 1 Samuel in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Samuel Chapter 23 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1 Samuel

  1. 1 Samuel Chapter 8
  2. 1 Samuel Chapter 7
  3. 1 Samuel Chapter 5
  4. 1 Samuel Chapter 3
  5. 1 Samuel Chapter 4
  6. 1 Samuel Chapter 2
  7. 1 Samuel Chapter 30

Explore More from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 15
  2. Jesaja Chapter 34
  3. Esegiël Chapter 27
  4. Jeremia Chapter 27
  5. 1 Konings Chapter 15
  6. Deuteronomium Chapter 7
  7. 1 Kronieke Chapter 7

Related Chapters & Readings

  1. Psalms Chapter 113
  2. 2 Korintiërs Chapter 8
  3. Johannes Chapter 3
  4. Eksodus Chapter 9
  5. Eksodus Chapter 17
  6. 3 Johannes Chapter 1
  7. Rigters Chapter 21
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *