For English

Read Job Chapter 3 Online

Read Job Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Job 3

Hoofstuk 3

1. Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.

2. En Job het begin en gesê:

3. Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: ‘n Seun is ontvang.

4. Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.

5. Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, ‘n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.

6. Daardie nag—mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.

7. Ja, mag dié nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.

8. Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Leviátan op te hits.

9. Mag die sterre van sy môreskemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie.

10. Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.

11. Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?

12. Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?

13. Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,

14. saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;

15. of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.

16. Of ek sou, soos ‘n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.

17. Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.

18. Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.

19. Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.

20. Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;

21. wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;

22. wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?

23. Waarom gee Hy lig aan ‘n man wie se weg verborge is, ‘n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?

24. Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.

25. As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.

26. Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!

About Job Chapter 3

Read Job Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Job
Chapter: 3
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Job Chapter 3 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Job Chapter 3?

Job Chapter 3 is part of the Book of Job in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Job Chapter 3 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Job

  1. Jób Chapter 3
  2. Job Chapter 39
  3. Job Chapter 28
  4. Job Chapter 25
  5. Job Chapter 41
  6. Job Chapter 5
  7. Job Chapter 22

Explore More from Ou Testament

  1. Sagaria Chapter 10
  2. 1 Konings Chapter 20
  3. Nehemia Chapter 6
  4. Esra Chapter 2
  5. Deuteronomium Chapter 21
  6. Esegiël Chapter 41
  7. Esegiël Chapter 46

Related Chapters & Readings

  1. Markus Chapter 9
  2. Prediker Chapter 8
  3. Jesaja Chapter 57
  4. Rigters Chapter 1
  5. Jeremia Chapter 3
  6. Psalms Chapter 128
  7. Genesis Chapter 46
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *