Read Jesaja Chapter 55 Online
Read Jesaja Chapter 55 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Jesaja and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Jesaja 55
Hoofstuk 55
1. O Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!
2. Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.
3. Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.
4. Kyk, Ek het hom tot ‘n getuie van die volke gemaak, tot ‘n vors en ‘n gebieder van die nasies.
5. Kyk, nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep; en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van die HERE jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het.
6. Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.
7. Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.
8. Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE.
9. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.
10. Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter;
11. so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.
12. Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die veld in die hande klap.
13. Vir ‘n doringboom sal ‘n sipres opgaan; vir ‘n distel sal ‘n mirteboom opgaan; en dit sal vir die HERE wees tot ‘n naam, tot ‘n ewige teken wat nie uitgeroei sal word nie.
About Jesaja Chapter 55
Read Jesaja Chapter 55 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Jesaja in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Jesaja
Chapter: 55
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Jesaja. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Jesaja Chapter 55 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Jesaja Chapter 55?
Jesaja Chapter 55 is part of the Book of Jesaja in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Jesaja Chapter 55 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Jesaja
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 2
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 3
Explore More from Ou Testament
- Hosea Chapter 1
- Eksodus Chapter 18
- 1 Samuel Chapter 9
- 1 Konings Chapter 4
- Psalms Chapter 139
- Deuteronomium Chapter 2
- 1 Konings Chapter 14