1 Konings Chapter 4

For English

Read 1 Konings Chapter 4 Online

Read 1 Konings Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Konings in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Konings and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

1 Konings 4

Hoofstuk 4

1. So was koning Salomo dan koning oor die hele Israel.

2. En dít was sy hoofamptenare: Asárja, die seun van Sadok, was die priester;

3. Elihóref en Ahía, die seuns van Sisa, was skrywers; Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.

4. En Benája, die seun van Jójada, was oor die leër, en Sadok en Abjatar was priesters.

5. En Asárja, die seun van Natan, was oor die bestuurders; en Sabud, die seun van Natan, ‘n priester, was die vriend van die koning.

6. En Ahísar was oor die paleis; en Adoníram, die seun van Abda, was oor die dwangarbeid.

7. Verder het Salomo oor die hele Israel twaalf bestuurders gehad wat die koning en sy paleis onderhou het; elkeen het ‘n maand in die jaar die onderhoud op hom gehad.

8. En dit is hulle name: Ben-Hur op die gebergte van Efraim;

9. Ben-Deker in Makas en in Saälbim en Bet-Semes en Elon-Bet-Hanan;

10. Ben-Hesed in Arúbbot; hy het Sogo en die hele land Hefer gehad;

11. Ben-Abinádab, die hele hoëveld van Dor; hy het Tafat, die dogter van Salomo, as vrou gehad.

12. Báäna, die seun van Ahílud, het gehad: Táänag en Megíddo en die hele Bet-Sean wat langs Sartan onderkant Jísreël lê, van Bet-Sean af tot by Abel-Mehóla, tot verby Jókmeam.

13. Ben-Geber was in Ramot in Gílead; hy het die dorpe van Jaïr, die seun van Manasse, gehad wat in Gílead lê; hy het die landstreek Argob gehad wat in Basan lê: sestig groot stede met mure en kopergrendels.

14. Ahínadab, die seun van Iddo, was in Mahanáim.

15. Ahímaäs in Náftali; hy het ook ‘n dogter van Salomo, Basmat, as vrou geneem.

16. Báäna, die seun van Húsai, was in Aser en in Alot;

17. Jósafat, die seun van Parúag, in Issaskar;

18. Símeï, die seun van Ela, in Benjamin;

19. Geber, die seun van Uri, in die land Gílead, die land van Sihon, die koning van die Amoriete, en van Og, die koning van Basan; en hy was die enigste bestuurder in die land.

20. Juda en Israel was talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte; hulle het geëet en gedrink en was bly.

21. Verder was Salomo heerser oor al die koninkryke van die Eufraat af tot by die land van die Filistyne, en tot by die grens van Egipte; hulle het belasting aangebring en Salomo gedien al die dae van sy lewe.

22. En Salomo se voedsel vir een dag was dertig kor fynmeel en sestig kor meel;

23. tien vetgemaakte beeste en twintig veldbeeste en honderd stuks kleinvee, behalwe die takbokke en gemsbokke en gestippelde takbokke en vetgemaakte ganse.

24. Want hy het geheers oor alles wes van die Eufraat, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat, en vrede gehad aan alle kante rondom;

25. sodat Juda en Israel veilig gewoon het, elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, van Dan tot Berséba, al die dae van Salomo.

26. Verder het Salomo veertig duisend krippe gehad vir sy trekperde, en twaalf duisend ryperde.

27. En daardie bestuurders het elkeen in sy maand koning Salomo onderhou en almal wat aan die tafel van koning Salomo kom; hulle het niks laat kortkom nie.

28. En die gars en die strooi vir die perde en die renperde het hulle gebring op die plek waar dit moes wees, elkeen volgens sy orde.

29. En God het aan Salomo wysheid gegee en ‘n baie groot verstand en ‘n ruimte van insig soos die sand wat aan die seestrand lê,

30. sodat die wysheid van Salomo groter was as die wysheid van al die kinders van die Ooste en as al die wysheid van Egipte.

31. Ja, hy was wyser as al die mense, as Etan, die Esrahiet, en Heman en Kalkol en Darda, die seuns van Mahol, sodat hy beroemd was onder al die nasies rondom.

32. En hy het drie duisend spreuke uitgespreek, en sy liedere was duisend en vyf.

33. En hy het oor die bome gespreek, van die seder op die Líbanon tot die hisop wat teen die muur uitspruit; ook het hy gespreek oor die vee en oor die voëls en oor die kruipende diere en oor die visse.

34. En van al die volke het hulle gekom om na die wysheid van Salomo te luister, van al die konings van die aarde wat van sy wysheid gehoor het.

About 1 Konings Chapter 4

Read 1 Konings Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Konings in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 1 Konings
Chapter: 4
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Konings. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 1 Konings Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 1 Konings Chapter 4?

1 Konings Chapter 4 is part of the Book of 1 Konings in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 1 Konings Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 1 Konings

  1. 1 Konings Chapter 2
  2. 1 Konings Chapter 1
  3. 1 Konings Chapter 12
  4. 1 Konings Chapter 17
  5. 1 Konings Chapter 16
  6. 1 Konings Chapter 15
  7. 1 Konings Chapter 14

Explore More from Ou Testament

  1. Genesis Chapter 36
  2. Esra Chapter 10
  3. Joël Chapter 2
  4. Jeremia Chapter 46
  5. Esra Chapter 9
  6. 2 Kronieke Chapter 15
  7. 2 Kronieke Chapter 24

Related Chapters & Readings

  1. 1 Petrus Chapter 2
  2. Jesaja Chapter 23
  3. Spreuke Chapter 17
  4. Genesis Chapter 38
  5. Johannes Chapter 19
  6. 1 Samuel Chapter 9
  7. 1 Konings Chapter 22
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *