Read Hebreërs Chapter 2 Online
Read Hebreërs Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hebreërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Hebreërs and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Hebreërs 2
Hoofstuk 2
1. Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie.
2. Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het,
3. hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het,
4. terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?
5. Want aan die engele het Hy die toekomstige wêreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie;
6. maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek?
7. U het hom ‘n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.
8. Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie;
9. maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.
10. Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.
11. Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie,
12. wanneer Hy sê: Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys;
13. en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het.
14. Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—
15. en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.
16. Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom.
17. Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.
18. Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
About Hebreërs Chapter 2
Read Hebreërs Chapter 2 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hebreërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Hebreërs
Chapter: 2
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Hebreërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Hebreërs Chapter 2 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Hebreërs Chapter 2?
Hebreërs Chapter 2 is part of the Book of Hebreërs in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Hebreërs Chapter 2 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from hebreers
- Hebreërs Chapter 10
- Hebreërs Chapter 9
- Hebreërs Chapter 6
- Hebreërs Chapter 5
- Hebreërs Chapter 1
- Hebreërs Chapter 8
- Hebreërs Chapter 7
Explore More from Nuwe Testament
- Lukas Chapter 17
- Johannes Chapter 10
- Handelinge Chapter 5
- Galasiërs Chapter 1
- 1 Korintiërs Chapter 9
- Kolossense Chapter 2
- 2 Tessalonisense Chapter 2