Read Sagaria Chapter 11 Online
Read Sagaria Chapter 11 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Sagaria in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Sagaria and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Sagaria 11
Hoofstuk 11
1. Open jou deure, o Líbanon, sodat vuur jou sederbome verteer!
2. Huil, o sipres, omdat die seder geval het, omdat die pragtige bome verwoes is! Huil, eike van Basan, omdat die ontoeganklike woud afgekap is.
3. Hoor! die gejammer van die herders, want hulle heerlikheid is verwoes. Hoor! die geknor van die jong leeus, want die pronkbosse van die Jordaan is verwoes.
4. So sê die HERE my God: Wees herder van die slagskape—
5. hulle kopers maak hulle dood, sonder om skuldig te voel; hulle verkopers sê: Geloofd sy die HERE; ek word ryk! En hulle herders het geen medelyde met hulle nie.
6. Want Ek sal met die inwoners van die land geen medelyde meer hê nie, spreek die HERE; maar kyk, Ek gaan die mense oorlewer, elkeen in die hand van sy naaste en in die hand van sy koning; en hulle sal die land verwoes, en Ek sal uit hulle hand nie red nie.
7. En ek het die slagskape—waarlik ellendige skape! —opgepas; en ek het vir my twee stawe geneem. Die een het ek genoem: Lieflikheid, en die ander het ek genoem: Samebinding; en ek het die skape opgepas.
8. En ek het die drie herders in een maand vernietig. Toe het my siel ongeduldig geword oor hulle, terwyl hulle siel ook van my afkerig geword het.
9. Daarop het ek gesê: Ek wil julle nie meer oppas nie—wat sterwend is, laat sterwe; en wat verlore gaan, laat verlore wees, en laat die wat oorbly, mekaar se vleis verslind!
10. Toe het ek my staf Lieflikheid geneem en dit verbreek, om my verbond wat ek met al die volke gesluit het, te verbreek.
11. En dit is op dié dag verbreek. En so het die ellendiges onder die skape wat op my ag gegee het, bemerk dat dit ‘n woord van die HERE was.
12. Daarop sê ek vir hulle: As dit goed is in julle oë, gee dan my loon; en so nie, laat dit dan staan. Toe het hulle my loon afgeweeg: dertig sikkels silwer.
13. Hierop sê die HERE vir my: Gooi dit vir die pottebakker—die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertig sikkels silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die pottebakker gegooi.
14. Toe het ek my tweede staf, Samebinding, verbreek, om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek.
15. Daarop sê die HERE vir my: Neem weer vir jou die gereedskap van ‘n herder, van ‘n dwase.
16. Want kyk, Ek sal ‘n herder verwek in die land; na wat verlore is, sal hy nie omkyk nie; wat verstrooi is, nie opsoek nie; en wat gebroke is, nie genees nie; en wat nog regop staan, nie versorg nie. Maar die vleis van die vettes sal hy eet en selfs hulle kloue afruk.
17. Wee die slegte herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word!
About Sagaria Chapter 11
Read Sagaria Chapter 11 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Sagaria in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Sagaria
Chapter: 11
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Sagaria. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Sagaria Chapter 11 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Sagaria Chapter 11?
Sagaria Chapter 11 is part of the Book of Sagaria in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Sagaria Chapter 11 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Numeri Chapter 1
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 3
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 4
Explore More from sagaria
- Sagaria Chapter 4
- Sagaria Chapter 14
- Sagaria Chapter 8
- Sagaria Chapter 5
- Sagaria Chapter 3
- Sagaria Chapter 1
- Sagaria Chapter 6