Read 1 Petrus Chapter 4 Online
Read 1 Petrus Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Petrus in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Petrus and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Petrus 4
Hoofstuk 4
1. Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,
2. om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.
3. Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye.
4. Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster.
5. Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.
6. Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees.
7. En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.
8. Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek.
9. Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer.
10. Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.
11. As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.
12. Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;
13. maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.
14. As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.
15. Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie.
16. Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.
17. Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
18. En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?
19. So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.
About 1 Petrus Chapter 4
Read 1 Petrus Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Petrus in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Petrus
Chapter: 4
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Petrus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Petrus Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Petrus Chapter 4?
1 Petrus Chapter 4 is part of the Book of 1 Petrus in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Petrus Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1-petrus
- 1 Petrus Chapter 1
- 1 Petrus Chapter 3
- 1 Petrus Chapter 2
- 1 Petrus Chapter 5
- 1 Petrus Chapter 4
- 1 Petrus Chapter 1
- 1 Petrus Chapter 3
Explore More from Nuwe Testament
- 1 Korintiërs Chapter 13
- Hebreërs Chapter 12
- 1 Korintiërs Chapter 16
- Handelinge Chapter 6
- 2 Korintiërs Chapter 8
- Johannes Chapter 10
- Lukas Chapter 6