Openbaring Chapter 9

For English

Read Openbaring Chapter 9 Online

Read Openbaring Chapter 9 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Openbaring in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Openbaring and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Openbaring 9

Hoofstuk 9

1. En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.

2. En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.

3. En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.

4. En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.

5. En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.

6. En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.

7. En die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense.

8. En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus.

9. En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog.

10. En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.

11. En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.

12. Die een wee het verbygegaan; hierna kom daar nog twee weë.

13. En die sesde engel het geblaas, en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is,

14. en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.

15. Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak.

16. En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor.

17. En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan.

18. Deur hierdie drie plae is ‘n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het;

19. want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan.

20. En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie.

21. En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.

About Openbaring Chapter 9

Read Openbaring Chapter 9 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Openbaring in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Openbaring
Chapter: 9
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Openbaring. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Openbaring Chapter 9 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Openbaring Chapter 9?

Openbaring Chapter 9 is part of the Book of Openbaring in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Openbaring Chapter 9 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Nuwe Testament

  1. Johannes Chapter 1
  2. Johannes Chapter 13
  3. Johannes Chapter 14
  4. Johannes Chapter 15
  5. Johannes Chapter 12
  6. Johannes Chapter 8
  7. Johannes Chapter 5

Explore More from Openbaring

  1. Openbaring Chapter 4
  2. Openbaring Chapter 6
  3. Openbaring Chapter 18
  4. Openbaring Chapter 12
  5. Openbaring Chapter 22
  6. Openbaring Chapter 3
  7. Openbaring Chapter 4

Related Chapters & Readings

  1. Ester Chapter 8
  2. Lukas Chapter 17
  3. Psalms Chapter 70
  4. Esegiël Chapter 13
  5. Psalms Chapter 5
  6. Psalms Chapter 29
  7. Esegiël Chapter 29
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *