Johannes Chapter 10

For English

Read Johannes Chapter 10 Online

Read Johannes Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Johannes in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Johannes and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Johannes 10

Hoofstuk 10

1. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower.

2. Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape.

3. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.

4. En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.

5. Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.

6. Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.

7. Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.

8. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.

9. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.

10. Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

11. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.

12. Maar die huurling en hy wat nie ‘n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.

13. En die huurling vlug, omdat hy ‘n huurling is en niks vir die skape omgee nie.

14. Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.

15. Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.

16. Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.

17. Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem.

18. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang.

19. Daar het toe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.

20. En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom?

21. Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van ‘n besetene nie; ‘n duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie.

22. En dit was die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter.

23. En Jesus het in die tempel gewandel in die pilaargang van Salomo.

24. En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit.

25. Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, dié getuig van My.

26. Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het.

27. My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

28. En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

29. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.

30. Ek en die Vader is een.

31. Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig.

32. Jesus antwoord hulle: Baie goeie werke het Ek julle getoon van my Vader. Oor watter een van dié werke stenig julle My?

33. Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor ‘n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat ‘n mens is, Uself God maak.

34. Jesus antwoord hulle: Is daar nie in julle wet geskrywe: Ek het gesê, julle is gode nie?

35. As dit húlle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie,

36. sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik—omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God?

37. As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie;

38. maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom.

39. Toe het hulle weer probeer om Hom gevange te neem, en Hy het uit hulle hand ontkom.

40. En Hy het weer oor die Jordaan gegaan na die plek waar Johannes eers gedoop het; en Hy het daar gebly.

41. En baie het na Hom gekom en gesê: Johannes het wel geen teken gedoen nie, maar alles wat Johannes van Hom gesê het, was waar.

42. En baie het daar in Hom geglo.

About Johannes Chapter 10

Read Johannes Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Johannes in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Johannes
Chapter: 10
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Johannes. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Johannes Chapter 10 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Johannes Chapter 10?

Johannes Chapter 10 is part of the Book of Johannes in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Johannes Chapter 10 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Johannes

  1. Johannes Chapter 1
  2. Johannes Chapter 15
  3. Johannes Chapter 13
  4. Johannes Chapter 14
  5. Johannes Chapter 8
  6. Johannes Chapter 7
  7. Johannes Chapter 2

Explore More from Nuwe Testament

  1. Handelinge Chapter 1
  2. Lukas Chapter 9
  3. Hebreërs Chapter 2
  4. Romeine Chapter 7
  5. Openbaring Chapter 9
  6. Matteus Chapter 19
  7. Galasiërs Chapter 3

Related Chapters & Readings

  1. Genesis Chapter 15
  2. Numeri Chapter 27
  3. Maleagi Chapter 2
  4. Jeremia Chapter 36
  5. Ester Chapter 2
  6. Numeri Chapter 35
  7. Psalms Chapter 96
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *