Read Hebreërs Chapter 6 Online
Read Hebreërs Chapter 6 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hebreërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Hebreërs and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Hebreërs 6
Hoofstuk 6
1. Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,
2. van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.
3. En dit sal ons doen as God dit toelaat.
4. Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,
5. en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,
6. en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
7. Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God.
8. Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding.
9. Maar, geliefdes, ons is aangaande julle van beter dinge oortuig, dinge wat saamhang met die saligheid, al spreek ons ook so.
10. Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.
11. Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe;
12. sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is.
13. Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer
14. en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder.
15. En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.
16. Want mense sweer by een wat meer is, en die eed van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak.
17. Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met ‘n eed gewaarborg;
18. sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê;
19. en ons het dit as ‘n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel
20. waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ‘n hoëpriester geword het vir ewig.
About Hebreërs Chapter 6
Read Hebreërs Chapter 6 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hebreërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Hebreërs
Chapter: 6
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Hebreërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Hebreërs Chapter 6 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Hebreërs Chapter 6?
Hebreërs Chapter 6 is part of the Book of Hebreërs in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Hebreërs Chapter 6 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from hebreers
- Hebreërs Chapter 2
- Hebreërs Chapter 10
- Hebreërs Chapter 9
- Hebreërs Chapter 5
- Hebreërs Chapter 1
- Hebreërs Chapter 8
- Hebreërs Chapter 7
Explore More from Nuwe Testament
- Galasiërs Chapter 2
- 2 Korintiërs Chapter 12
- 2 Johannes Chapter 1
- Lukas Chapter 12
- Johannes Chapter 10
- Galasiërs Chapter 5
- 2 Korintiërs Chapter 5