Filippense Chapter 1

For English

Read Filippense Chapter 1 Online

Read Filippense Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Filippense in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Filippense and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Filippense 1

Hoofstuk 1

1. Paulus en Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filíppi is, saam met die opsieners en diakens:

2. Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

3. Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink—

4. en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap—

5. oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe,

6. omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;

7. soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.

8. Want God is my getuie hoe ek na julle almal verlang met die innige tederheid van Jesus Christus.

9. En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring,

10. om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus,

11. vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.

12. En ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het,

13. sodat my boeie openbaar geword het in Christus onder die hele keiserlike lyfwag en by al die ander,

14. en die meeste van die broeders wat in die Here deur my boeie vertroue gekry het, dit des te meer waag om die woord onbevrees te spreek.

15. Sommige preek Christus wel ook uit afguns en twis, maar ander ook uit welwillendheid:

16. die eerste verkondig Christus uit naywer, nie met suiwer bedoelinge nie, met die mening om aan my boeie verdrukking toe te voeg;

17. maar die ander uit liefde, omdat hulle weet dat ek bestem is tot die verdediging van die evangelie.

18. Maar wat maak dit? In alle geval, op allerlei wyse, of dit onder ‘n skyn of in waarheid is, word Christus verkondig; en hierin verbly ek my en sal ek my ook verbly.

19. Want ek weet dat dit deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek,

20. volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.

21. Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.

22. Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal kies, weet ek nie.

23. Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste;

24. maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil.

25. En dit vertrou en weet ek dat ek sal bly, ja, saam met julle almal sal bly tot julle bevordering en blydskap in die geloof,

26. sodat julle roem oor my oorvloedig kan wees in Christus Jesus deur my teenwoordigheid weer by julle.

27. Alleenlik, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie,

28. en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie. Dit is vir hulle wel ‘n bewys van verderf, maar vir julle van redding, en dit van God;

29. omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly,

30. terwyl julle dieselfde stryd het as wat julle in my gesien het en nou van my hoor.

About Filippense Chapter 1

Read Filippense Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Filippense in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Filippense
Chapter: 1
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Filippense. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Filippense Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Filippense Chapter 1?

Filippense Chapter 1 is part of the Book of Filippense in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Filippense Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Filippense

  1. Filippense Chapter 3
  2. Filippense Chapter 2
  3. Filippense Chapter 4

Explore More from Nuwe Testament

  1. Kolossense Chapter 1
  2. 2 Korintiërs Chapter 11
  3. Handelinge Chapter 19
  4. Openbaring Chapter 16
  5. 1 Johannes Chapter 3
  6. Lukas Chapter 1
  7. Hebreërs Chapter 13

Related Chapters & Readings

  1. Matteus Chapter 15
  2. 1 Petrus Chapter 5
  3. Josua Chapter 11
  4. Galasiërs Chapter 5
  5. Job Chapter 20
  6. Eksodus Chapter 1
  7. 2 Kronieke Chapter 23
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *