Read Matteus Chapter 28 Online
Read Matteus Chapter 28 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Matteus in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Matteus and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Matteus 28
Hoofstuk 28
1. En laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.
2. En daar kom ‘n groot aardbewing, want ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.
3. En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.
4. En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.
5. Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.
6. Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;
7. en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê.
8. En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel.
9. En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.
10. En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galiléa moet gaan; en daar sal hulle My sien.
11. En terwyl hulle op weg was, kom daar sommige van die wag in die stad en vertel die owerpriesters alles wat gebeur het.
12. En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee
13. en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.
14. En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is.
15. Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.
16. En die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het.
17. En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.
18. En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
19. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
20. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
About Matteus Chapter 28
Read Matteus Chapter 28 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Matteus in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Matteus
Chapter: 28
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Matteus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Matteus Chapter 28 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Matteus Chapter 28?
Matteus Chapter 28 is part of the Book of Matteus in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Matteus Chapter 28 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Matteus
- Matteus Chapter 2
- Matteus Chapter 3
- Matteus Chapter 6
- Matteus Chapter 5
- Matteus Chapter 13
- Matteus Chapter 18
- Matteus Chapter 20
Explore More from Nuwe Testament
- Handelinge Chapter 22
- 1 Timoteus Chapter 4
- 1 Tessalonisense Chapter 4
- 2 Timoteus Chapter 4
- Hebreërs Chapter 7
- 1 Korintiërs Chapter 11
- Openbaring Chapter 18