Handelinge Chapter 4

For English

Read Handelinge Chapter 4 Online

Read Handelinge Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Handelinge in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Handelinge and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Handelinge 4

Hoofstuk 4

1. En terwyl hulle besig was om met die volk te spreek, het die priesters en die hoofman van die tempel en die Sadduseërs op hulle afgekom,

2. baie ontevrede dat hulle die volk leer en in Jesus die opstanding uit die dode verkondig.

3. En hulle het die hande aan hulle geslaan en hulle in die gevangenis gesit tot die volgende môre toe, want dit was al aand.

4. En baie van die wat die woord gehoor het, het geglo; en die getal van die manne het omtrent vyf duisend geword.

5. Die volgende dag kom toe hulle owerstes en ouderlinge en skrifgeleerdes in Jerusalem bymekaar,

6. ook Annas, die hoëpriester, en Kájafas en Johannes en Alexander en almal wat van die hoëpriesterlike familie was;

7. en toe hulle hul voorgebring het, vra hulle: Deur watter mag en deur watter naam het julle dit gedoen?

8. Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,

9. as ons vandag ondervra word oor ‘n weldaad aan ‘n siek man, waardeur hy gesond geword het,

10. laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.

11. Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ‘n hoeksteen geword het.

12. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

13. En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.

14. En omdat hulle die man wat genees was, by hulle sien staan, kon hulle niks daarteen sê nie.

15. Hulle het hul toe gelas om buitekant die Raad te gaan, en met mekaar beraadslaag

16. en gesê: Wat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar ‘n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie.

17. Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Naam met enige mens te spreek nie.

18. En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie.

19. Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis;

20. want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.

21. En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie, het hulle ter wille van die volk hulle losgelaat, want almal het God verheerlik oor wat gebeur het.

22. Want die man aan wie hierdie teken van genesing plaasgevind het, was meer as veertig jaar oud.

23. En nadat hulle losgelaat was, het hulle na hul eie mense gegaan en alles vertel wat die owerpriesters en die ouderlinge aan hulle gesê het.

24. En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het,

25. wat deur die mond van u kneg Dawid gesê het: Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink?

26. Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde.

27. Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het,

28. om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind.

29. En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek,

30. deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.

31. En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.

32. En die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.

33. En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal.

34. Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê.

35. En aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het.

36. En Joses wie se bynaam onder die apostels Bárnabas was—wat, as dit vertaal word, beteken seun van vertroosting—’n Leviet, van geboorte uit Ciprus,

37. het ‘n stuk grond gehad en dit verkoop en die geld gebring en aan die voete van die apostels neergelê.

About Handelinge Chapter 4

Read Handelinge Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Handelinge in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Handelinge
Chapter: 4
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Handelinge. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Handelinge Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Handelinge Chapter 4?

Handelinge Chapter 4 is part of the Book of Handelinge in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Handelinge Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from handelinge

  1. Handelinge Chapter 17
  2. Handelinge Chapter 8
  3. Handelinge Chapter 25
  4. Handelinge Chapter 1
  5. Handelinge Chapter 14
  6. Handelinge Chapter 16
  7. Handelinge Chapter 21

Explore More from Nuwe Testament

  1. Markus Chapter 9
  2. 2 Korintiërs Chapter 6
  3. Openbaring Chapter 15
  4. Handelinge Chapter 7
  5. Matteus Chapter 22
  6. 1 Petrus Chapter 3
  7. Handelinge Chapter 11

Related Chapters & Readings

  1. Hosea Chapter 1
  2. Psalms Chapter 88
  3. Lukas Chapter 16
  4. Deuteronomium Chapter 20
  5. 2 Kronieke Chapter 24
  6. Numeri Chapter 20
  7. Jesaja Chapter 12
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *