For English

Read Amos Chapter 6 Online

Read Amos Chapter 6 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Amos in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Amos and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Amos 6

Hoofstuk 6

1. Wee die gerustes in Sion en die sorgelose op die berg van Samaría, die vernames van die eerste onder die nasies, na wie die huis van Israel kom!

2. Trek deur na Kalne en kyk, gaan van daar na Hamat, die groot stad, en trek af na Gat van die Filistyne! Is hulle beter as hierdie koninkryke? Of is hulle grondgebied groter as julle grondgebied? —

3. julle wat die dag van onheil veraf stel en die setel van geweld nader skuiwe!

4. Wat op bedde van ivoor lê en uitgestrek lê op hulle rusbanke en die lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet!

5. Wat liedjies sing met begeleiding van die harp, wat net soos Dawid vir hulle musiekinstrumente uitdink!

6. Wat uit offerkomme wyn drink en hulle met die beste soorte olie salf, maar hulle nie oor die verbreking van Josef bekommer nie.

7. Daarom sal hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan, en daar sal ‘n end kom aan die rumoerige gejubel van die leeglêers.

8. Die Here HERE het by Homself gesweer, spreek die HERE, die God van die leërskare: Ek het ‘n afsku van die trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.

9. En as daar tien man in een huis oorgebly het, sal hulle sterwe.

10. En wanneer iemand se bloedverwant, die een wat hom wil verbrand, hom optel om die bene uit die huis te verwyder, en aan iemand wat in die agterste vertrekke is, sê: Is daar nog iemand by jou? en hy antwoord: Nee—dan sal die eerste sê: Bly stil, want dit is nie gepas om die Naam van die HERE te vermeld nie!

11. Want kyk, die HERE gee bevel, en hulle slaan die groot huis tot ‘n puinhoop en die klein huis tot splinters.

12. Kan perde draf op rotse, of kan ‘n mens met osse daarop ploeë? —dat julle die reg in gif verander en die vrug van geregtigheid in wilde-als.

13. Julle wat bly is oor ‘n nietige ding, wat sê: Het ons nie deur ons eie krag horings gekry nie?

14. Want kyk, Ek gaan teen julle, o huis van Israel, ‘n volk opwek, spreek die HERE, die God van die leërskare, en hulle sal julle verdruk van die ingang na Hamat af tot by die spruit van die Vlakte.

About Amos Chapter 6

Read Amos Chapter 6 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Amos in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Amos
Chapter: 6
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Amos. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Amos Chapter 6 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Amos Chapter 6?

Amos Chapter 6 is part of the Book of Amos in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Amos Chapter 6 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Amos

  1. Amos Chapter 8
  2. Amos Chapter 4
  3. Amos Chapter 9
  4. Amos Chapter 1
  5. Amos Chapter 2
  6. Amos Chapter 9
  7. Amos Chapter 3

Explore More from Ou Testament

  1. Jeremia Chapter 39
  2. 2 Konings Chapter 6
  3. Psalms Chapter 71
  4. Job Chapter 22
  5. Levitikus Chapter 6
  6. Psalms Chapter 76
  7. Psalms Chapter 127

Related Chapters & Readings

  1. Prediker Chapter 1
  2. Matteus Chapter 10
  3. Jesaja Chapter 10
  4. Deuteronomium Chapter 31
  5. Numeri Chapter 28
  6. Johannes Chapter 18
  7. 2 Konings Chapter 5
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *