Openbaring Chapter 11

For English

Read Openbaring Chapter 11 Online

Read Openbaring Chapter 11 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Openbaring in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Openbaring and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Openbaring 11

Hoofstuk 11

1. En ‘n riet soos ‘n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.

2. Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap.

3. En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer.

4. Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.

5. En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.

6. Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.

7. En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;

8. en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.

9. En mense uit die volke en stamme en tale en nasies sal hulle lyke drie en ‘n halwe dag lank sien en nie toelaat dat hulle lyke in die graf gelê word nie.

10. Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur, omdat dié twee profete die bewoners van die aarde gepynig het.

11. En ná die drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en ‘n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.

12. En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.

13. En in dié uur het daar ‘n groot aardbewing gekom, en ‘n tiende van die stad het geval, en sewe duisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geword en aan die God van die hemel heerlikheid toegebring.

14. Die tweede wee het verbygegaan; kyk, die derde kom gou.

15. En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.

16. En die vier en twintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid en gesê:

17. Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het.

18. En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.

19. En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

About Openbaring Chapter 11

Read Openbaring Chapter 11 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Openbaring in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Openbaring
Chapter: 11
Testament: New Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Openbaring. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Openbaring Chapter 11 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Openbaring Chapter 11?

Openbaring Chapter 11 is part of the Book of Openbaring in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Openbaring Chapter 11 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Nuwe Testament

  1. Johannes Chapter 1
  2. Johannes Chapter 15
  3. Johannes Chapter 13
  4. Johannes Chapter 14
  5. Johannes Chapter 8
  6. Johannes Chapter 7
  7. Johannes Chapter 2

Explore More from Openbaring

  1. Openbaring Chapter 12
  2. Openbaring Chapter 17
  3. Openbaring Chapter 16
  4. Openbaring Chapter 9
  5. Openbaring Chapter 1
  6. Openbaring Chapter 2
  7. Openbaring Chapter 15

Related Chapters & Readings

  1. 2 Samuel Chapter 19
  2. Amos Chapter 7
  3. Eksodus Chapter 6
  4. Romeine Chapter 11
  5. 1 Kronieke Chapter 25
  6. Matteus Chapter 24
  7. Jeremia Chapter 45
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *